Mallett: u2018Gooi Leeus en Bulle saamu2019
Mallett: u2018Gooi Leeus en Bulle saamu2019

Mallett: ‘Gooi Leeus en Bulle saam’

Rugby
Cobus Claassen – Verminder die getal beroepspelers in Suid-Afrikaanse rugby, maak die Bulle en die Leeus één franchise en trek noord.
Dít is kortom die pad vorentoe wat die voormalige Springbok-afrigter Nick Mallett vir plaaslike rugby voorsien.
Mallett was Dinsdag die gasspreker op ’n webinaar van die beleggingsmaatskappy PSG.
Hy sê “in elke krisis is daar ’n geleentheid”, met verwysing na die onsekerheid wat die koronavirus-pandemie gebring het.
“Ons moet nou na ons eie strukture kyk. Is ons op die regte pad met twee spanne wat in Europa speel (in die Pro14-reeks) en vier in die Superreeks?
“Daar moet ook bepaal word hoeveel spelers ons kan bekostig en mooi nagedink word oor ons franchises.”
Mallett stel voor dat die “opset anders verdeel word”.
“Vestig ’n Gautengse span deur die Leeus en die Bulle saam te voeg. Dié span kan in die FNB-stadion speel.
“Ja, ek weet dit is twee groot spanne, maar hulle is byna 50 km uit mekaar. Sekerlik kan daar ’n ooreenkoms bereik word om die spanne saam te laat speel. Kies die beste van die Leeus en die Bulle in een franchise.”
Hy benadruk dit is in die beste belang van Suid-Afrikaanse rugby dat die beskikbare talent tussen die vier voorste franchises versprei word.
“Een móét in die Oos-Kaap wees, want dit is die hartklop van swart rugby.
“Makazole Mapimpi, Lukhanyo Am, Lizo Gqoboka en Siya Kolisi kom almal van die Oos-Kaap en het by ander provinsies Springbokke geword.
“’n Beroepsgerigte franchise met ’n goeie afrigter en genoeg geld waarmee spelers behou kan word, is wat rugby in dié streek nodig het.
“Dit is ’n no-brainer, ons móét dit doen.”
Mallett glo Suid-Afrikaanse spanne se heil lê in die Noordelike Halfrond.
“Ons moet besluit of ons noord gaan en kompetisies in Europa probeer wen en of ons gaan uithou met die situasie en uitdagings in die Suidelike Halfrond.
“Ek glo dit sal vir ons beter wees in die noorde. Dit is baie kommerwekkend wanneer jy wedstryde sien wat nie saak maak nie.
“Jy sien dikwels in Superrugby sulke wedstryde, wat deur minder as 5 000 toeskouers bygewoon word.
“Mense wil wedstryde sien waar die uitslag van groot belang is en ondersteuners se verbeelding aangryp.”
Die 63-jarige Mallett, wat ook Italië van 2007 tot 2011 afgerig het, sê dit is ook tyd om die wêreldwye seisoen so te verander dat spelers nie meer vir 11 maande in ’n jaar speel nie.
“Die ideaal is waarskynlik ’n seisoen van nege of tien maande. Dit is nie billik teenoor spelers om in ’n seisoen meer as 30, 35 wedstryde te speel nie, want dan is beserings byna ’n gegewe.
“Ons moet eenvoudig beter na die spelers se welstand omsien.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!