Maltas deel in Portugese kultuur
Die Universiteit van Namibië se Maltasklub het op uitnodiging van die Brasiliaanse ambassade in Namibië die Portugese Taal- en Kultuurfees in die Nasionale Teater in Windhoek bygewoon. Portugees word deur drie ambassades in die land, naamlik Portugal, Angola en Brasilië gebesig. Volgens die voorsitter van die klub, mnr. Lazarus Emvula, kan mense ten spyte van verskille in kultuur en taal, steeds 'n verskil in hul onderskeie gemeenskappe maak. Op die foto verskyn die Maltaslede saam met dr. André Costa van die Brasiliaanse ambassade (tweede van regs) en dr. Wilfred April (regs).
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie