Maltas-klub reis na Las Vegas, Los Angeles

Francoise Steynberg
Studente wat lid is van Namibië se Maltas-klub het onlangs na Amerika gereis om meer oor die Amerikaanse kultuur te leer, sakegeleenthede en entrepreneursgeleenthede te ontdek en hul persoonlike en professionele vaardighede uit te brei.

"Die eerste stop was in die fantastiese Las Vegas, waar die span die Universiteit van Las Vegas, hul fakulteite, sakekantoor, wetenskaplaboratorium en alumnikantoor besoek het," het die stigter van die Maltas-klub, dr. Wilfred April, gesê.

Die span het van professionele toeroperateurs gebruik gemaak om die Las Vegas-strook en Freemontstraat te verken.

Hulle het vandaar hul reis na Los Angeles voortgesit, waar hulle in Hollywood tuisgegaan het.

"Die eerste amptelike besoek in Los Angeles was aan die Universiteit van Suider-Kalifornië, waar die span meer oor onderwys- en maatskaplike entrepreneurskap geleer het. Die volgende besoek was aan die Universiteit van Kalifornië, waar die span saam met die alumni en onder meer akteurs van die gewilde TV-reeks Big Bang Theory gewerk het," vertel April.

Die span het ook van professionele toergidsdienste gebruik gemaak en die Hollywood-naambord en Beverly Hills besoek, asook Justin Timberlake, Michael Jackson en Harry Houdini se huise.

Die groep het ook ’n draai gemaak by die stel waar die Harry Potter-flieks vervaardig is.

"Die internasionale Mosaic-gemeente is besoek om na die studente se godsdienstige en geestelike kant om te sien. Lesse wat ons uit die toer geleer het, is dat ons meer dieselfde is as wat ons verskil. Skeppendheid en grootsheid bestaan in elkeen van ons," sê April.

"Namibiese studente moenie in hulself twyfel nie. Deur te reis, leer ons baie lesse wat kan bydra tot ons studies en werksomgewing."

April sê die nuwe Maltas-span sal aan die begin van April met hul program afskop.

Hy nooi alle studente aan die Universiteit van Namibië (Unam), die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) en die Internasionale Universiteit van Bestuurswese (IUM) om by die Maltas-klub aan te sluit vir “die leerervaring van 'n leeftyd”.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!