Maltas kuier by Mandume
Maltas kuier by Mandume

Maltas kuier by Mandume

Maltas-klub Namibië, die Olupandu-stigting en White Feather Creations het die Mandume-kleuter­skool in Okahandjapark se ­gradeplegtigheid onlangs by die Maxuilili-sentrum by­gewoon.

Die klub is sedert 2013 by die kleuterskool betrokke en het projekte saam met verskeie ­organisasies van stapel gestuur waarby die kleuterskool baat.

Vanjaar se gradeplegtigheid het met die skooltjie se jaarlikse kers­partytjie saamgeval.

Byna 40 van die kinders sal ­volgende jaar by verskeie skole in die land as graad eens inval.

Mnr. Natana Elago van die ­Olupandu-stigting het tydens die geleentheid gesê kinders is die toekoms en dit is elkeen se ­verantwoordelikheid om hul vaardighede en passies te ­ontwikkel.

Me. Bernadette Coetzee het vier bokse klere aan die kleuterskool oorhandig, terwyl ander organisasies onder meer lessenaars, stoele, 'n rekenaar, matrasse en verskeie skryfbehoeftes vir die 2020- akademiese jaar geskenk het.

Die skoolhoof, me. Sirkka Nsimba, het haar dank teenoor alle ondersteuners en skenkers betuig.

Kommentaar

Republikein 2025-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer