Maltasklub kies nuwe leiers vir 2018
Die vyf nuwe Maltasklublede is onlangs tydens 'n glansryke seremonie by die hotelskool van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) bekend gemaak.
Nagenoeg 60 jong Namibiese studente van drie universeite, naamlik Nust, die Universiteit van Namibië (Unam) en die International University of Management (IUM), het aan 'n streng twee maande lange elimineringsproses deelgeneem om deel te word van die Maltasklub Namibië van 2018.
Die geleentheid is deur die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, bygewoon wat die noodsaaklikheid van gehalte-onderrig beklemtoon het om jong mense in beter, produktiewe, verdraagsame en gerespekteerde volwassenes in hul gemeenskappe te verander. Die viserektor vir akademiese aangeleenthede van Unam, prof. Frednard Gideon, die studentedekaan van IUM, mnr. Basilius Kasera, en die hoof van Nust se hotelskool en mede-dekaan van bestuurswetenskappe, dr. Erling Kavita, was ook teenwoordig.
Selma Ingo, 'n derdejaarstudent in bedryfsielkunde aan Unam, is vanjaar die wenner van die Dinapama uitsonderlike leierskap- en Scavenger Hunt Challenge-toekennings. Sy is ook as visepresident van die Maltasklub verkies, terwyl Eunice Amunyela, 'n tweedejaar-onderwysstudent aan IUM as die nuwe president aangewys is.
Johannes Shikwaambi, 'n derdejaar-sakestudent aan Unam is as die sekretaris-generaal verkies, met Idda Amunime van Nust as die projekbestuurder en Tuyeni Abisalom van IUM as Maltas se gemeenskapsontwikkelingsbestuurder vir 2018.
Met volhoubaarheid en 'n groen ekonomie wat sommige van die groot projekte vir vanjaar se lede is en waaroor hulle Namibië wil onderrig, het die genomineerdes kostuums ontwerp wat uit herwinbare materiaal gemaak is.
Maltas se president van 2015, Benita Strauss, het ook die seremonie bygewoon en gesê Maltas was 'n ervaring wat haar lewe verander het.
Die Maltasklub sal vanjaar jong mense in Namibië inspireer en motiveer om minder bevoorregte gemeenskappe in die land te dien.
Hulle sal ook na Kaapstad in Suid-Afrika en Las Vegas in Amerika vir 'n akademiese en kulturele uitruilprogram later vanjaar reis.
Maltasklub Namibië bedank die volgende borge: Shoprite Checkers, Wimpy Wernhill Park, Nust se hotelskool, Dinapama, FNB Namibia en Digital Photo Center.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie