Malusi Gigaba bedank
Malusi Gigaba bedank

Malusi Gigaba bedank

‘Sy bedanking is nie ’n bekentenis van skuld nie.’
Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdagmiddag bevestig dat Malusi Gigaba as minister van binnelandse sake bedank het.

Die president het sy bedanking aanvaar en sy waardering vir Gigaba se lang diens in die regering en aan die mense van Suid-Afrika uitgespreek.

Ramaphosa sê Gigaba het in sy bedankingsbrief aangedui dat hy opsy staan ter wille van die land en die ANC. Hy wou ook die druk op die president verlig.

Daar was die afgelope paar weke druk vanuit talle oorde vir Gigaba om te bedank.

Ramaphosa het aangekondig dat dr. Blade Nzimande, minister van vervoer, in Gigaba se plek sal waarneem totdat 'n permanente aanstelling gemaak word.

NIE BEKENTENIS NIE

Sy bedanking is nie ’n bekentenis van skuld nie.

Só sê Malusi Gigaba nadat hy Dinsdag as minister van binnelandse sake bedank het.

“Ek het vroeër vandag my bedanking by pres. Cyril Ramaphosa ingedien ná ’n lang tydperk van volgehoue en venynige openbare aanvalle op my integriteit,” het hy Dinsdagaand in ’n verklaring gesê.

Die integriteit en status van die regering en die ANC waarvan hy ’n lojale en trotse lid is, is belangriker as enige politieke ampsdraer, het hy bygevoeg.

Gigaba sê hy het ’n aansoek vir ’n regterlike hersiening van die openbare beskermer (OB) se bevinding oor die Fireblade Aviation-saak ingedien.

Die howe het onder meer bevind dat Gigaba onder eed in die hofsaak teen Fireblade Aviation gejok het.

Die OB het bevind dat hy die Grondwet en etiese kode vir kabinetslede oortree het en het pres. Cyril Ramaphosa en die parlement beveel om teen hom op te tree.

“Ek beplan ook om alle ander kwessies wat uit my tydperk as lid van die kabinet gespruit het, te verdedig.”

Gigaba het die ANC en die presidente bedank wat vertroue in hom gestel het. Hy sal ’n lojale en gedissiplineerde lid van die ANC bly en voortgaan om enige verpligting na te kom wat die ANC aan hom gee. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!