Mammadu vier saam met Maleisiu00eb
Mammadu vier saam met Maleisiu00eb

Mammadu vier saam met Maleisië

Francoise Steynberg
Maleisië se hoëkommissariaat in Namibië het op 31 Augustus dié land se 61ste jaar van onafhanklikheid saam met wees- en weerlose kinders van die Mammadu-sentrum by die ampshuis van die hoë kommissaris, mnr. Hishamuddin Ibrahim, gevier.

Maleisiërs wat in Namibië woon, asook die Maleisiese kunstenaar Feeza Jazri het die verrigtinge bygewoon. Die tema vir vanjaar se vieringe is "Sayangi Malaysiaku", wat beteken “lief vir my Maleisië”.

Verskeie prettige aktiwiteite is aangebied, soos 'n leessessie, gesigverf en tradisionele Maleisiese speletjies soos Teng Teng en Galah Panjang.

"Die hoëkommissariaat, onder leiding van Ibrahim, gaan voort met die bevordering van die Mammadu-kinders se welsyn en opvoeding deur middel van voeding- en leesprogramme," lui 'n mediaverklaring.

Die hoëkommissariaat werk ook nou saam met die Namibiese Vereniging van Diplomatieke Gades (ADS) en die stigter van die Mammadu-trust, me. Agnes Albrecht Röhm, om die Mammadu-sentrum se infrastruktuur te verbeter.

"Verlede jaar is N$100 000 deur die ADS ingesamel om 'n kantien en speelarea by Mammadu te bou. Die konstruksie van 'n nuwe gebou sal na verwagting aan die einde van die jaar voltooi wees," lui die verklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!