Man aan die brand gesteek
’n 26-jarige inwoner van Otjomuise in die hoofstad is verlede week in die Katutura-staatshospitaal opgeneem nadat hy aan die brand gesteek is.
Volgens die skakelbeampte van die Windhoekse stadspolisie, konst. Fabian Amukwelele, het die voorval op die hoek van Düsseldorf- en Frankfurtstraat plaasgevind.
“Na bewering het vier minderjarige seuns brandstof op die slagoffer gegooi en hom aan die brand gesteek,” het Amukwelele gesê.
Volgens hom het daar 'n stryery oor geld onder hulle onstaan terwyl hulle ’n verbode middel gerook het.
“Die slagoffer het derdegraadse brandwonde aan sy maag, nek en rug opgedoen,” het Amukwelele gesê.
Twee van die verdagtes is in hegtenis geneem en het Dinsdag in die Katutura-landdroshof voorgekom, maar die ander is steeds op vrye voet, sê Amukwelele.
Volgens hoofinsp. Kauna Shikwambi van die Namibiese polisie is die twee verdagtes in die sorg van hul ouers vrygelaat omdat hulle minderjarig is. Die polisie se ondersoek duur voort, het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie