Man aangekeer nu00e1 skote in Utrecht klap
Man aangekeer nu00e1 skote in Utrecht klap

Man aangekeer ná skote in Utrecht klap

Die skietery het plaasgevind in Kanalen­eiland, ’n stil woonbuurt met ’n groot immigrantbevolking, naby 24 Oktober-plein, ’n tremhalte.
’n Man is in hegtenis geneem weens die skietaanval in ’n trem in Utrecht, Nederland,waarin drie mense dood en vyf gewond is, het die polisie Maandagaandgesê.

Die Nederlandse owerhede het aanvanklik vermoed dit was ’n terreuraanval en ’n soektog is na die skieter begin, berig Reuters.

’n Foto van die verdagte is op Twitter geplaas. Hy is die 37-jarige Gökman Tanis, wat in Turkye gebore is. Dit is die man wat toe later deur die polisie in hegtenis geneem is.

Jan van Zanen, burgemeester van Utrecht, sê die toestand van drie van die vyf mense wat in die aanval gewond is, is kritiek. Hy het bevestig dat drie mense dood is en het inwoners van Utrecht gevra om binnenshuis te bly sodat die polisie buite kan voortgaan met hul werk om die aanvaller op te spoor.

Volgens Reuters berig die plaaslike uitsaaier RTV Utrecht dat die verdagte ’n lang geskiedenis van botsings met die polisie het, van klein tot groot oortredings, soos ’n skietery in 2013.

Joost Lanshage, woordvoerder van die polisie, wou nie kommentaar lewer op bewerings dat Tanis ’n misdaadgeskiedenis het nie.

The Independent het gisteraand berig dat die skieter volgens Turkye se Anadolu-nuusagentskap om “familieredes” skote op ’n familielid geskiet het.

Dit pas in by wat ’n ooggetuie aan Algemeen Dagblad gesê het, naamlik dat ’n skieter ’n vrou op die trem geteiken en mense wat haar wou help toe ook geskiet het.

GEEN AMPTELIKE BEVESTIGING

Mark Rutte, die premier van Nederland, het daarna nie in ’n opgedateerde verklaring sy vroeëre kommer herhaal dat die skietery terreurverwant is nie.

Maar geen amptelike bevestiging kon nog gekry word dat die skietery met huishoudelike kwessies verband hou nie, berig The Independent.

Die skietery het plaasgevind in Kanalen­eiland, ’n stil woonbuurt met ’n groot immigrantbevolking, naby 24 Oktober-plein, ’n tremhalte.

Volgens die polisie in Utrecht is ’n rooi Renault Clio kort voor die aanval naby die plein gekaap. Dit is moontlik later as wegkommotor gebruik.

Dié gebeure volg op die skietery die naweek by twee moskees in Christchurch, Nieu-Seeland, waarin 50 mense dood en talle ernstig beseer is.

Die Nederlandse uitsaaier NOS berig die polisie het ’n gebou omsingel waar die vermeende skieter moontlik weggekruip het.

Die Universiteit van Utrecht het luidens berigte al sy geboue gesluit en niemand is toegelaat om uit of in te gaan nie.

Treine is nie toegelaat om by Utrecht se hoofstasie in te ry nie en moskees oor die stad heen is om veiligheidsredes gesluit, berig die BBC.

Owerhede het die terrorisme-bedreiging tot sy hoogste vlak in die Utrecht-provinsie gelig, skole is aangesê om hul deure te sluit en die paramilitêre polisie het die veiligheidsmaatreëls op lughawens verskerp.

OOGGETUIES

Daar is toe laataand aangekondig dat ’n man aangekeer is.

Oor die skietery het RTV Utrecht kort ná die aanval ’n ooggetuie aangehaal wat sê hy het ’n vrou op die grond sien lê ná wat soos ’n konfrontasie gelyk het en verskeie mans het van die toneel weggehardloop.

’n NOS-verslaggewer sê ’n wit laken is oor die lyk naby die trem waar die skietery plaasgevind het, gegooi.

“’n Man het wild begin skiet,” het ’n ooggetuie volgens die BBC aan die Nederlandse nuuswebwerf NU.nl gesê.

Nog ’n ooggetuie het aan NOS gesê hy het ’n beseerde vrou met bloed aan die hande en klere gesien.

NOS het Pieter-Jaap Aalbersberg, hoof van die Nederlandse teenterrorisme-agentskap, vroeër Maandag aangehaal dat dit “lyk soos ’n terreuraanval”, net soos wat die polisie vroeër gesê het, berig Reuters.

Die Utrecht-polisie het gesê ambulans-helikopters is na die toneel gestuur.

Utrecht, Nederland se vierde grootste stad, is bekend om sy prentjiemooi kanale en groot studentebevolking.

Skietmoorde is baie seldsaam in Utrecht, soos ook in die res van Nederland. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!