Man appelleer teen 40 jaar vonnis
Man appelleer teen 40 jaar vonnis

Man appelleer teen 40 jaar vonnis

'n Moordenaar wat 40 jaar tronkstaf opgelê is vir moord, appelleer teen sy vonnisoplegging en sal op 29 Oktober uitspraak kry.
Kristien Kruger
Kristien Kruger



'n Man wat in Maart vanjaar tot 40 jaar tronkstraf gevonnis is op twee aanklagte van moord waarop hy skuldig gepleit het, teken appèl aan teen sy vonnisoplegging deur die laerhof.

Die saak is Maandag in die hoërhof in Windhoek deur regters Christie Liebenberg en Naomi Shivute aangehoor en uitspraak sal op 29 Oktober gelewer word.

Joseph Nepolo is skuldig bevind aan twee klagte van moord wat op ver­skillende tye en plekke plaasgevind het.

Die eerste was in 2013, toe Nepolo in Katutura 'n man met 'n mes in die nek gesteek het.

Hy is in hegtenis geneem en is op borgtog van N$300 vrygelaat. Hy het van die hof af weggebly en was nie vasgetrek nie totdat hy in 2018 weer in hegtenis geneem is vir die moord op 'n man wat hy met 'n mes in die bors doodgesteek het.

Landdros Leopold Hangalo het hom in die streekhof in Katutura tot 20 jaar tronkstraf op elke moordklag gevonnis – die maksimum straf wat 'n streekhof vir een klag kan vel.

Hangalo het beslis die twee vonnisse moet opeenvolgend uitgedien word.

In sy uitspraak het hy gesê Nepolo is 'n gevaar vir die samelewing en hy het twee mense “sinneloos” en “koelbloedig” vermoor.



VONNIS IS 'SKOKKEND ONVANPAS'

Luidens Nepolo se appèlaansoek en hofstukke is die vonnis onredelik.

“Geen redelike hof sal so 'n vonnis vel nie. Dit is skokkend onvanpas,” lui die hofstukke.

Die aansoeker voer verder aan Nepolo is 'n eerste oortreder, het twee kinders en hy het skuldig gepleit om sodoende nie die hof se tyd te mors nie.

Volgens die hofstukke het die landdros nie Nepolo se tyd in aanhouding – voordat hy gevonnis is – in aanmerking geneem nie.

Die staat beweer Hangalo se vonnisoplegging is korrek.

“Hy is skuldig bevind aan 'n baie ernstige oortreding. Die hof het alle faktore, insluitend dat hy 'n eerste oortreder en vir drie jaar en twee maande in aanhouding was voor hy gevonnis is, in aanmerking geneem.

Die erns van die oortreding het swaarder geweeg as hierdie faktore,” lui die hofstukke.

Die staat erken daar is gevalle waar 'n beskuldigde skuldig pleit en dit tot 'n sagter vonnis lei, maar dit gebeur ook dat beskuldigdes besef die bewyse teen hulle is oorweldigend en hulle het geen ander keuse as om skuldig te pleit nie.

Dit is Hangalo se mening die tweede geval geld vir Nepolo en die staat ondersteun dit.

 - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!