Man beboet oor Oakbay-aandele
Nellie Brand-Jonker
Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) het ’n aandeelhandelaar beboet vir die verhandeling wat hy ná die kabinetskommeling in Maart vanjaar in Oakbay se aandele gedoen het.
Die grootste aandeelhouers in Oakbay Resources and Energy is die omstrede Gupta-familie.
Die wetstoepassingskomitee van die RFD het James George Witheridge Gubb van Eyton Square, Eyton-weg, Claremont in Kaapstad, ’n boete van R100 000 opgelê omdat hy die Wet op Finansiële Markte oortree het en hom aan verbode verhandelingspraktyke skuldig gemaak het.
Die direktoraat van markmisbruik van die RFD het die saak na die wetstoepassingskomitee verwys.
Die direktoraat se mandaat is om markmisbruik in die finansiële markte te ondersoek. Dit sluit binnehandel, markmanipulering deur verbode handelspraktyke en vals rapportering oor die sake van ’n openbare maatskappy in.
Die saak is na die wetstoepassingskomitee verwys nadat ’n ondersoek getoon het dat hy op 31 Maart vanjaar met homself in Oakbay se aandele handel gedryf het.
“Die transaksies het ’n vals en misleidende voorkoms van aktiwiteit en ’n kunsmatige prys vir die aandele geskep.”
Die direktoraat het beklemtoon dat Gubb nie aan Oakbay verwant is nie. ’n Rede vir die verhandeling is egter ook nie verskaf nie.
Die JSE het op 31 Maart ongewone aandeelverhandeling in Oakbay se aandele opgespoor en die transaksies gekanselleer.
Oakbay het dié Vrydag ná die middernagtelike kabinetskommeling, waarin Pravin Gordhan as minister van finansies verwyder is, met 28% gespring.
Gubb wou skik. Hy het erken dat hy op 31 Maart vir sy eie rekening in Oakbay se aandele handel gedryf het.
Hy het die eienaar gebly van die aandele nadat dit kunsmatig gekoop en verkoop is. Hy het erken dat dit ’n kunsmatige prys vir die aandele geskep het.
Hy het die betrokke Vrydag van 11:23 stelselmatig ’n hoër prys vir Oakbay se aandele in die mark aangebied en kort daarna teen die prys die aandele aan homself verkoop.
Dit het begin by R8,88 wat vir die aandele aangebied is en gekoop is. Teen 11:37 het hy R21,50 per aandeel aangebied en dit teen R21,50 gekoop.
Die laaste aandele wat gekoop is, was omstreeks 12:26 toe hy R12,90 aangebied het en dit daarteen gekoop het.
Die verhandeling in Oakbay se aandele is op 23 Junie opgeskort omdat die firma nie ’n aandeleborg kon kry nie. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie