Man eis N$900 000 in skadevergoeding
Man eis N$900 000 in skadevergoeding

Man eis N$900 000 in skadevergoeding

'n Werklose eis skadevergoeding van die Namibiese polisie nadat drie ­polisiebeamptes hom glo erg aangerand het.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith



'n Werklose man dagvaar die Namibiese polisie en drie polisiebeamptes vir nagenoeg N$1 miljoen. Hy is na bewering onder polisiebewaking aan­gerand, in só 'n mate dat hy tydens die aanval ontlas en verskeie fisieke beserings opgedoen het.

Die polisie ontken die aanranding en voer aan die man het 'n polisiebeampte beledig terwyl hy dronk was. Hy is glo na die polisiekantoor geneem om nugter te word.

In hofdokumente wat deur mnr. Ebson Katire, 'n inwoner van Otjomuise, by die hoërhof ingedien is, word die beweerde aanranding uiteengesit wat in September 2019 in Okondjatu in die Otjozondjupastreek plaasgevind het.

Katire dagvaar die polisie en drie polisiebeamptes vir N$900 000 se skadevergoeding. Hy beweer dat hy nie net fisieke beserings opgedoen het nie, waar onder 'n ontwrigte linkerskouer, maar ook geestelike trauma, skok en ongemak ervaar het na aanleiding van die beweerde aanranding.

Katire het die drie beamptes wat hom glo geskop en geslaan het slegs as beamptes Kaura, Katira en Upi geïdentifiseer. In die hofdokumente word beweer hy was van plan om op 11 September vanaf Okondjatu na Windhoek te reis, maar hy moes 'n paar uur by 'n nabygeleë cuca-winkel vir die bus wag.

Hy beweer hy het ná 'n ruk die pad oorgesteek om “myself te verlig” en het 'n ­polisiebeampte, Kaura, gesien wat hy geken het. Hy het glo die ­polisiebeampte gevra waarom hy nie by die polisiekantoor was nie, aangesien hy in volle uniform was.

Twee ure later het hy weer vir Kaura gevra hoekom hy sy uniform aan het, maar nie by die polisiekantoor is nie.

Toe hy op pad was na die taxibus, wat gereed was om te vertrek, het hy glo vir die polisiebeampte geskree “as hy nie na die polisiekantoor toe gaan nie, sal ek jou slaan voordat ek vertrek.”

'n Paar oomblikke later het nog twee polisie­beamptes in 'n Toyota-bakkie opgedaag, sê Katire. Hy is in die ­voertuig geboender en na die polisiekantoor geneem.



AANRANDING

Sy hofdokumente voer aan hy is geboei en toe erg deur die drie beamp­tes aangerand.

“Die beskuldigdes het my met stewels aan oor my hele liggaam geskop, my met die vuis geslaan, my geklap en my geboeide arms gedraai.”

Hy beweer verder “die wrede aanranding het langer as 'n uur geduur, totdat ek ontlas het”.

Hy sê hy is langer as 24 uur by die polisiekantoor aangehou en uiteindelik vrygelaat sonder om van 'n misdaad aangekla te word.



ONWAAR

Die polisie beweer Katire het die betrokke polisiebeamptes beledig, en hy is “na die polisiekantoor gebring om nugter te word en is die volgende dag met 'n waarskuwing vrygelaat.”

Die polisie ontken alle aantygings wat met die beweerde aanranding verband hou, en benadruk dat Katire “bele­digings rondgeslinger het” na een van hul beamptes, maar dat hy nie onder hulle toesig geskop, geslaan of op enige manier fisiek aangerand is nie.

“Katire het baie dronk voorgekom en het aanhoudend die polisiebeampte beledig. Die klaer het die polisiebeampte gekonfronteer deur hom te beledig, te vloek en woorde van beledigende aard te gebruik wat op hom in sy amptelike hoedanigheid as polisiebeampte gemik is.”

Katire word deur Brockerhoff & Associates se regspan bygestaan, terwyl die regering en polisiebeamptes deur regeringsadvokate verteenwoordig word.

Die onderskeie reg­s­panne het in Januarie vir 'n voorverhoorkon­ferensie byeengekom en die volgende hof-

datum moet nog bepaal word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!