Man glo met 611 ietermagôskubbe betrap
’n Wildmisdadiger is tot ses maande tronkstraf of ’n boete van N$6 000 gevonnis.
Francoise Steynberg - ’n Namibiese man, mnr. Hega Nekare, is verlede Dinsdag op Rundu glo met verskeie ietermagôprodukte in hegtenis geneem.
Altesaam 611 ietermagôskubbe, een ietermagôvel en vyf stukke vel van dié mees gesmokkelde dier ter wêreld is na wat verneem word in sy besit gevind.
Mnr. Hosian Manasse is verlede Maandag op Oshakati in verband met ’n lewende ietermagô in hegtenis geneem.
Vier verdagtes is ook in verband met renosterstropery of horingsmokkelary of pogings daartoe vasgetrek.
Drie Namibiese mans, mnre. Soye Wedens, Mushandikwe Lutibezi en Jason Lunyandile, is verlede Dinsdag naby Katima Mulilo in verband met die besit van ’n vlakvarkkarkas in hegtenis geneem.
Volgens die polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die intelligensie- en ondersoekeenheid van die ministerie van die omgewing en toerisme se wildmisdaadverslag van 9 tot 15 Maart is altesaam nege verdagtes in hegtenis geneem en drie sake aanhangig gemaak.
HOFSAKE
’n Ietermagôsmokkelaar, Hafeni Haimbodi, is verlede Woensdag in die Grootfonteinse landdroshof tot ses maande tronkstraf of ’n boete van N$6 000 gevonnis.
Hy is skuldig bevind aan die onwettige handel in beheerde wildprodukte ná hy op 10 Mei 2019 met een ietermagôvel in sy besit betrap is.
In die Walvisbaaise landdroshof is mnre. Edgar Clark, Dirk Vermeulen en Michael Lusse verlede Donderdag borgtog van N$30 000 elk toegestaan.
Hulle word daarvan beskuldig dat hulle twee olifanttande gesmokkel het. Hul saak is tot 21 April uitgestel.
’n Angolese burger, mnr. Fortunato Queta, en sy Namibiese medebeskuldigde, mnr. Ludwig Nangolo, is Vrydag in die Windhoekse landdroshof in Katutura borgtog geweier.
Hul saak is tot 3 Junie vir verdere ondersoek uitgestel.
Hulle het saam met mnre. Pendapala Herman en Petrus Iipinge op ’n diefstalklag van 33 renosterhorings verskyn. Herman en Iipinge is op borgtog van N$30 000 elk vrygelaat. Hulle verskyn weer op 23 Maart in die hof.
’n Angolees en vermeende smokkelaar van twee renosterhorings, mnr. Jose da Cunha, het op die vlug geslaan en nie vir sy verhoor op 26 Februarie in die Windhoekse landdroshof in Katutura opgedaag nie.
Sy medebeskuldigdes, mnre. Siegfried Kisting en Joao Alfonso, ook ’n Angolese burger, is borgtog van N$20 000 elk toegestaan.
Hul verhoor duur op 16 Junie voort.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie