Man glo met sowat 600 ietermagu00f4skubbe vas
Man glo met sowat 600 ietermagu00f4skubbe vas

Man glo met sowat 600 ietermagôskubbe vas

Francoise Steynberg
'n Namibiese man, mnr. Hega Nekare, is verlede Dinsdag op Rundu glo met verskeie ietermagôprodukte in hegtenis geneem.

In sy besit is na bewering 611 ietermagôskubbe, een -vel en vyf stukke vel van dié mees gesmokkelde dier ter wêreld gevind.

Op Oshakati is mnr. Hosian Manasse verlede Maandag glo met 'n lewende ietermagô in hegtenis geneem.

Vier verdagtes is ook in verband met renosterstropery of horingsmokkelary of pogings daartoe vasgetrek.

Drie Namibiese mans, mnre. Soye Wedens, Mushandikwe Lutibezi en Jason Lunyandile, is verlede Dinsdag glo met 'n vlakvarkkarkas in hul besit in hegtenis geneem.

Volgens die wildmisdaadverslag van 9 tot 15 Maart van die eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) van die Namibiese polisie en die intelligensie- en ondersoekeenheid van die ministerie van die omgewing en toerisme, is altesaam nege verdagtes in hegtenis geneem en drie sake aanhangig gemaak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!