Man in rolstoel rig pleidooi
’n 58-jarige lorriebestuurder is in ’n padongeluk in 2000 beseer, wat hom aan ’n rolstoel gekluister het.
Ester Kamati op Otjiwarongo – Gedurende sy loopbaan as langafstand-vragmotorbestuurder het mnr. Gustav Kangandi (58) gereeld tussen Namibië en aangrensende buurlande gereis. Alles het in Mei 2000 verander toe sy lorrie in Suid-Afrika omgeslaan het.
Ná die ongeluk het hy ses weke in die intensiewesorgeenheid (ICU) in Bethlehem deurgebring. Hier is hy deur ’n nuwe werklikheid in die gesig gestaar: ’n gebreekte rug en ribbes en hy was van die middellyf af ondertoe verlam.
Die pa van vyf is dieselfde jaar in Junie na Namibië oorgeplaas en het omtrent vyf maande in die hospitaal deurgebring voordat hy ontslaan is.
By die ingang van sy huis in die stowwerige strate van Otjiwarongo se Ombili-nedersetting staan ’n tienjarige helper en beduie na ’n stoel in die enkelkamerhuis waar Kangandi alleen woon.
Hy lê op sy bed en tussen diep asemteue deur vertel hy sy verhaal.
Hy is op 16 Desember 2019 in die Paramount-gesondheidsorgsentrum opgeneem en in Mei 2020 is hy na die Otjiwarongo-staatshospitaal oorgeplaas.
Terwyl hy in die hospitaal was, was daar tussen Kersfees en Nuwejaar minstens twee keer by sy huis ingebreek.
Hy onthou die oproep van sy bure om hom van die inbraak te verwittig. “Ek moes die polisie uit my hospitaalbed bel.”
Kangandi woon alleen op Otjiwarongo. Sy familie woon op Kalkfeld en Omaruru, en hy sê hy kan weens die gehalte van die gesondheidsorgsentrums in dié gebiede nie by hulle bly nie, aangesien hy gereeld die hospitaal moet besoek.
Hoewel hy die meeste take op sy eie verrig, soos kosmaak en klere was, het hy gereeld hulp nodig aangesien sy gesondheid hom soms onderkry.
Hy sorg al die afgelope 20 jaar vir homself en soms stuur sy vriende hul kinders om ’n hand by te sit, soos die tienjarige seun wat die koerant tydens ons besoek verwelkom het. Dié seun droom daarvan om ’n prokureur te word.
SKULDLAS DRUK SWAAR
Die Maatskaplike Voorsorgfonds (SSC) het sy hospitaalrekeninge betaal, maar steeds kom Kangandi dikwels voor finansiële uitdagings te staan.
In 2011 het hy ’n lening aangegaan om die uitgawes vir sy ma se begrafnis te dek, aangesien hy die eersgebore kind van albei sy ouers is.
In 2013 het hy ’n operasie in die Sentrale Hospitaal ondergaan waarvoor hy ook geld moes leen. Hy het verder N$15 000 geleen om by ’n skenking te voeg wat hom in 2006 gehelp het om ’n elektriese rolstoel ter waarde van N$78 000 aan te skaf.
Dié rolstoel staan nou in die hoek van die kamer en stof opgaar nadat die stuurmeganisme in Augustus verlede jaar gebreek het. Nou moet Kangandi noodgedwonge van ’n tradisionele rolstoel gebruik maak wat hy met die hand moet bestuur as dit nodig is om kruideniersware te gaan koop of om hospitaal toe te gaan.
Hy rig ’n pleidooi aan die publiek om hom te help om geld in te samel om sy rolstoel te herstel, terwyl hy ook hoop om ’n heining rondom sy huis op te rig om diewe uit te hou en sy besittings in sy afwesigheid te beskerm.
ONGERIEF
Hierbenewens het Kangandi nie ’n toilet in sy huis nie.
“Ek moet doeke vir volwassenes koop, wat ook duur is.”
In reënseisoene soos die land tans ervaar, sukkel hy om rond te beweeg as sy rolstoel in die modder vassit sodra die vloer nat word.
Nog ’n ongemak vir Kangandi is die feit dat vele sentrums en winkels op Otjiwarongo nie rolstoelvriendelik is nie.
Hy doen ’n beroep op raadslede en die streekgoewerneur om hieraan aandag te gee en sulke plekke toeganklik vir mense in rolstoele te maak.
Hy vertel van ’n voorval toe hy die tandarts by ’n praktyk in Otjiwarongo besoek het, maar nie die perseel kon betree nie omdat die trap te hoog was. “Buite in die wind het hulle my tande getrek,” het hy vertel.
Hy vertel van sy droom om ’n klein onderneming soos ’n snoepwinkel oop te maak sodat hy genoeg geld kan verdien om iemand aan te stel wat vir hom kan sorg.
Kangandi kan by 081 605 1213 gekontak word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie