Man kap ma, broer, niggie met panga dood
Man kap ma, broer, niggie met panga dood

Man kap ma, broer, niggie met panga dood

Henriette Lamprecht
’n Man van die Epatululo-nedersetting naby Okatope in die Ohangwenastreek het na bewering drie familielede en wat sy ma, broer en niggie insluit, omstreeks 06:00 vanoggend met ’n panga doodgekap.
Volgens die polisiewoordvoerder vir die streek, komm. Shinedima Shindinge is ’n kind ná die aanval in die Engela-distrikshospitaal met ernstige beserings opgeneem. Twee ander kinders het die aanval oorleef, nadat hulle na die bure gevlug het.
Die man wat in sy twintigs is, het volgens die polisie ook glo sewe bokke en ’n hond in die familiekraal doodgekap voordat hy van die toneel gevlug het. Hy is enkele ure later in die omgewing aangekeer. Volgens Shindinge bestaan die vermoede dat hy onder die invloed van drank en dwelms was. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!