Man met Covid-19 eindig in boeie
Verskeie polisielede betrokke by die ondersoek na die onwettige optrede van ‘n man met die coronavirus onder lede, is in kwarantyn.
Ronelle Rademeyer en Henriette Lamprecht – Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie (Nampol), lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het bevestig geval nommer 33 is ’n 35-jarige Suid-Afrikaner wat Vrydag na bewering by Noordoewer oor die Oranjerivier gesmokkel is.
Hy is na bewering met die hulp van ’n sersant in Nampol en die hoofbestuurder van ’n maatskappy op Lüderitz na Windhoek gebring, waar hy twee dae lank in die gemeenskap rondbeweeg het.
“Dit is ’n gemors,” het adj.komm Nelius Becker, hoof van die polisie se eenheid vir ernstige misdaadondersoeke, aan Republikein gesê.
Volgens hom is die man, wat Oshiwambosprekend is, Sondag in hegtenis geneem nadat dit bekend geword het hy het die land onwettig binnegekom en boonop die Covid-19-regulasies oortree deur nie vir kwarantyn aan te meld nie.
“Hy het eers in Rocky Crest tuisgegaan waarna hy by akkommodasiegeriewe in Onafhanklikheidslaan ingeboek het. Dit is waar hy in hegtenis geneem is,” sê Becker.
Aangesien hy positief getoets het vir Covid-19, is hy nou in afgesonderde aanhouding. Die twee Namibiërs wat na bewering aan hom bystand verleen het, is ook in hegtenis geneem en word ook in afsondering aangehou, het Ndeitunga gesê.
Verder is “ten minste” tien polisiebeamptes wat met die mans in kontak was, ook in kwarantyn geplaas, het die polisiebaas bevestig.
Volgens Becker word die moontlikheid ondersoek dat die man moontlik in Suid-Afrika by misdaad betrokke was, en ongemerk na Namibië probeer vlug het.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het gisteroggend bekend gemaak die getal bevestigde gevalle het tot 34 gestyg.
Benewens geval 33 wat Sondag getoets is toe hy in hegtenis geneem is, is geval 34 'n 39-jarige Namibiese vrou van Walvisbaai. Sy is ‘n kontak en kollega van geval 32 wat saam met haar by korrektiewe dienste op Walvisbaai werk. Die vrou het op 3 Junie simptome soos 'n loopneus, kopseer en 'n verlies van reuk ontwikkel. Sy is in 'n bevredigende toestand in die isolasie-eenheid op Walvisbaai opgeneem.
HULPSPAN VIR ERONGO
Volgens MoHSS en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se nuutste situasieverslag ondersteun 'n nasionale en streekspan die Walvisbaaise gesondheidspersoneel in die evaluering van onlangse gevalle en kontakte. Die doel is om moontlike gemeenskapsoordrag uit te sluit en ook die episentrum van die Covid-19-oordrag op die dorp te identifiseer.
'n Afvaardiging is ook vir twee weke tot 25 Junie vir tegniese ondersteuning na die Erongostreek gestuur.
Shangula het ook verwys na twee Namibiese vragmotorbestuurders onderweg na Suid-Afrika wat by die Mamuno-grenspos in Botswana positief vir Covid-19 getoets het.
Beide die vragmotorbestuurders is van Gobabis en is tans in 'n bevredigende toestand in isolasiegeriewe op die dorp.
Een vragmotorbestuurder het uit Gobabis na Botswana vertrek, terwyl die ander een sy vrag op Walvisbaai gaan haal en van daar na Botswana gery het. Volgens protokol van die WHO word dié gevalle nie vir Namibië bygereken nie, maar eerder by die gevalle in die land waar hulle getoets is.
Volgens Shangula het geval 28 nou ten volle herstel, wat die getal op 18 van die 34 bevestigde gevalle te staan bring. Geval 28 is een van drie manstudente verbonde aan dieselfde universiteit wat op 29 Mei op dieselfde vlug in Namibië aangekom het.
Met verwysing na geval 22, sê die minister die 63-jarige man is steeds in die intensiewesorgeenheid van die Welwitschia Private Hospitaal waar hy daagliks goeie vordering maak en van die ventilator gespeen word.
Shangula sê tot op hede is 5 919 weefselmonsters getoets en 55 aktiewe kontakte word opgevolg. Tans is 612 mense tans in kwarantyn in geriewe oral oor die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie