Man met wildprodukte op waarskuwing vrygelaat
Man met wildprodukte op waarskuwing vrygelaat

Man met wildprodukte op waarskuwing vrygelaat

Adolf Kaure
Adolf Kaure op Swakopmund - Mnr. Albertus le Roux (69) is gister in die Swakopmund-landdroshof op waarskuwing vrygelaat nadat hy Sondag op ‘n plot in die Swakoprivier in verband met die onwettige besit van beheerde wildprodukte en ammunisie in hegtenis geneem is.


Die wildprodukte sluit in vyf stukke van olifanttande en vermoedelik ‘n ou renosterhoring wat tydens ‘n polisiesoektog gevind is.

Die staatsaanklaer, me. Cleopatra Boois het landdros Conchita Olivier ingelig dat die beskuldigde se regsverteenwoordiger nie gereed was om betyds by die hof te wees nie.

Le Roux is op verskeie voorwaardes op waarskuwing vrygelaat.

Een van die voorwaardes is dat hy elke Vrydag tussen 08:00 en 20:00 by die polisiekantoor moet aanmeld.

Die beskuldigde moes ook beide sy Namibiese en Suid-Afrikaanse paspoorte by die ondersoekbeampte inhandig en sou hy die Swakopmund-distrik wil verlaat, moet hy die ondersoekbeampte inlig.

Die saak is tot 25 Februarie 2021 vir verdere ondersoek uitgestel.

Volgens die Namibiese polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, het die polisie ‘n wenk van ‘n betroubare bron ontvang oor Le Roux se beweerde besit van beheerde wildprodukte en ammunisie.

“Ná die verdagte se huis geïdentifiseer is, is die soektog van stapel gestuur waartydens stukke van olifanttande, vermoedelik ‘n ou renosterhoring en verskeie ammunisie gevind en gekonfiskeer is,” het hy gesê.

Die ammunisie sluit in 27 patrone van ‘n .308-geweer, twee patrone van ‘n R1 -outomatiese aanvalsgeweer en 33 patrone van ‘n .22-vuurwapen.

-[email protected]

Foto ter illustrasie argief

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!