Man plant glo bomme om wins te maak
Die polisie in Duitsland het Vrydag ’n man in hegtenis geneem weens ’n bomaanval op ’n sokkerspan se bus.
Die man het drie bomme laat ontplof, wat volgens aanklaers gemik was teen die Borussia Dortmund-sokkerspan. Die bomplanter het glo gehoop dat die aanval die klub se aandele sal laat tuimel en dat hy ’n wins uit verkoopopsies sal maak.
Die polisie identifiseer die verdagte (28), wat burgerskap van Duitsland en Rusland het, in ’n verklaring as Sergei V.
Die bus was op 11 April op pad na die klub se tuisstadion vir ’n Kampioeneligawedstryd teen AS Monaco toe die voorval plaasgevind het. Marc Barta, ’n Spaanse verdediger, is beseer en die wedstryd is met ’n dag uitgestel. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie