Man skenk 90 liter bloed
Tanja Bause - Mnr. Petrus Visser het onlangs vir die 200ste keer bloed geskenk.
Daarmee het hy deel geword van ’n klein groep wat die mylpaal behaal het.
Volgens me. Zita Tobin van die Namibiese bloedoortappingsdiens, NamBTS, is daar slegs 21 mense in Namibië wat die getal bereik of oorskry het.
“Tweehonderd skenkings beteken ongeveer 90 liter bloed is geskenk, die skenker het 100 uur in die skenkingstoel gesit en potensieel 600 pasiënte se lewens verbeter of gered,” het sy gesê.
Visser het in 1976 op 17-jarige ouderdom begin bloed skenk. Hy was in die weermag in die noorde van die land gestasioneer toe hy gehoor het die hospitaal is dringend op soek na bloed.
“Ek was ’n 'medic' en het geweet hoe belangrik bloed is. Ek is O negatief en het geweet dat mense van enige bloedgroep my bloed kan ontvang. Dus het ek besluit om te skenk. Ek wou ander mense help en ek doen dit tot vandag toe,” het Visser gesê.
Mnr. Titus Shivute, opleidingsbeampte by NamBTS, het gesê elke bloedgroep is belangrik vir die red van lewens. “Die rede waarom die O negatief-bloedgroep so belangrik is, is omdat dit in noodgevalle en vir vroeggebore babas gebruik kan word,” het hy gesê.
Visser skenk op 61 steeds gereeld bloed.
“Omtrent enigiemand kan skenk en iemand anders help. In vandag se wêreld is dit belangrik om iemand anders te help. Dit vat ’n paar minute uit jou dag uit, maar jy kan iemand se lewe red,” het hy gesê.
Mense ouer as 16 wat meer as 50 kg weeg, gesond is en ’n veilige sekslewe het, kan ’n bloedskenker word. Vir meer inligting, bel NamBTS by 061 386 300.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie