Man skiet ma van sy kind dood
Gewelddadige gewapende rooftogte is in Windhoek aangemeld.
Tanja Bause – ’n Namibiese weermagsoldaat het Sondag om 10:35 die ma van sy driejarige kind doodgeskiet.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die voorval in Michael Angelostraat in Katutura plaasgevind toe die man die vrou glo met ’n 9 mm Makarov-pistool in die kop geskiet het. Die oorledene is die 25-jarige me. Zya Juliet Shane Rittmann.
Die 39-jarige soldaat van die Osona- militêre basis het homself ná die voorval aan die polisie oorhandig.
Twee Himba-kinders word sedert Saterdag in die Kunenestreek vermis. Die tweejarige Kamborimbori Mbendura en die vierjarige Belita Tjekupe van die Otjivaava-nedersetting se ouma het hulle alleen by die huis gelos toe sy bokke moes oppas.
Sy het met sonsondergang na die huis teruggekeer en agtergekom die kinders is weg.
’n Soektog is van stapel gestuur, maar geen voetspore kon in die bergagtige omgewing gevind word nie.
Die kinders het hul tradisionele Himba-klere aangehad en enigiemand met inligting kan vir hoofinsp. Iyambo by 081 649 9249 skakel of met die naaste polisiestasie in verbinding tree.
Die 17-jarige Ingashipola Nghishiningwa is Vrydag in die Oshanashomupanda-nedersetting in Omuthiya oorlede nadat hy deur weerlig getref is.
Saterdag omstreeks 04:00 het twee mans glo by ’n huis op die hoek van Istanbul- en Frankfurtstraat in Windhoek ingebreek. Hulle het die deur met ’n bandhefboom oopgebreek, die huis binnegegaan en op twee slapende seuns in die sitkamer afgekom.
Die mans het die seuns toe glo met die bandhefboom aangerand en met ’n vuurwapen gedreig. Die TV en ’n selfoon is gesteel. Hierna het die inbrekers die slaapkamer binnegegaan en die seuns se ma gedreig voor hulle ook haar foon gevat het. Die huisbewoners het gesien hoe die verdagtes die TV in ’n taxi laai voor hulle op die vlug geslaan het. Niemand is al in hegtenis geneem nie.
Saterdag om 02:00 is twee mense deur onbekende mans by die Auasblick-waterreservoir (Lovers' Hill) aangeval en beroof.
’n Suid-Afrikaanse man en ’n Namibiese vrou het in die voertuig gesit toe die man met ’n koevoet oor die kop geslaan is. Hy is met ernstige beserings in die Katutura-hospitaal opgeneem.
Die rowers het met ’n goue/silwer Mercedes-Benz met registrasiemerk N2441K, bankkaarte, kontant en selfone op die vlug geslaan. Niemand is in hegtenis geneem nie en die gesteelde goedere is nog nie gevind nie.
Volgens die polisie het ses mans, waarvan een met ’n vuurwapen gewapen was, by ’n woonstel in Otjomuise Heights ingebreek.
Die voorval het Vrydag omstreeks 23:00 plaasgevind. Die rowers het die eienaar van die woonstel aangehou en het sy pistool, TV, selfoon en klere gesteel. Die waarde van die gesteelde items beloop sowat N$63 000. Niemand is in verband hiermee in hegtenis geneem nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie