Man skuldig aan moord op skoonseun
Man skuldig aan moord op skoonseun

Man skuldig aan moord op skoonseun

'n Pensioenaris is Vrydag skuldig bevind aan die moord op sy stiefdogter se man wat hy in 2014 geskiet het.
Kristien Kruger
Kristien Kruger



'n Bejaarde man wat verlede week skuldig bevind is aan die moord op sy skoonseun, sal vandag in die Windhoekse hoërhof gevonnis word.

Jan Bruwer (72) het sy stiefdogter se man, mnr. Henry Mouton (43), tydens 'n familietwis op 29 November 2014 op Schlip naby Mariental doodgeskiet. Mouton is drie keer geskiet en is op die toneel dood.

Hoërhofregter Orben Sibeya het hom skuldig bevind op een klag van moord en twee klagte van aanranding.

Bruwer se borgtog is Woensdag met sy skuldigbevinding teruggetrek en hy is tans in aanhouding.

Bruwer se moordverhoor het op 11 November verlede jaar afgeskop en hy het op al die klagte onskuldig gepleit. Hy het beweer hy het Mouton uit selfverdediging geskiet.

Die oorledene se dogter was teenwoordig toe haar pa geskiet is en het tydens die verhoor vir die staat getuig.

Sy het getuig Bruwer het haar pa twee keer geskiet en toe nader gestap tot waar hy op die grond gelê het en het hom toe op sy ken geskiet.



SKULDIG­BEVINDING

Sibeya het tydens die skuldigbevinding gesê hy het die indruk gekry Bruwer was selektief oor wat hy glo van die voorval onthou het.

Die regter kon ook nie vasstel waarom hy vir sy lewe gevrees of uit selfverdediging opgetree het nie. Hy kon ook nie verstaan waarom die oorledene Bruwer sou aanval as hy geweet het dat Bruwer gewapen is nie.

Sibeya het daarom die geloofwaardigheid van Bruwer se getuienis in twyfel getrek.



STIEFDOGTER SE GETUIENIS

Me. Cathleen Mouton, Bruwer se stiefdogter en die oorledene se vrou, het in Desember verlede jaar vir die staat getuig.

Sy het haar man gebel nadat Bruwer sy vrou, en haar ma, Renette, geklap het. Sy was in die woonstel op die perseel toe sy die skote gehoor het.

Sy het verder getuig Bruwer het haar ook in die skouer geskiet.

Bruwer is deur mnr. Winnie Christiaans verteenwoordig en me. Ethel Ndlovu was die staatsaanklaer. – kristien@

republikein.com.na

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!