Man stap ver vir leeus
Man stap ver vir leeus

Man stap ver vir leeus

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Chadmanwalking, ook bekend as mnr. Chad Wratten, die charismatiese eienaar van Cardboardbox Backpacker in Windhoek, het nóg 'n groot ­Namibiese staptog in Mei aangepak - dié keer ten bate van die woestynleeus.

Hy het verlede Donderdag sy vyfde staptog in die Hoarusib­rivier in die Noordweste se voormalige Kaokoland afgeskop.

“Ek sal vergesel word deur my vriende Len Kohler en Stephen van der Schyff, bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar, asook my getroue metgesel en hond, Kuiseb,” skryf hy op sy blog.

“Ek het al 2 600 km in vier staptogte die Namibwoestyn deurkruis - van die Oranjerivier in die Suide tot die Kuneneriviermond in die Noorde.”

Dié keer stap Chadmanwalking ten bate van die navorsing van woestynaangepaste leeus van die Desert Lions Conservation Project van die wêreldbekende leeunavorser, dr. Philip Stander.

“Eendag gaan daar te veel van ons op aarde wees.

“Ons besoedel ons oseane met ­plastiek en vang te veel vis. Ons behoefte vir voedsel en brandstof groei jaarliks en lugbesoedeling is erg.

“Klimaatsverandering lei tot aardverwarming en die aarde nader 'n gevaarlike keerpunt,” skryf hy.

Later vanjaar gaan Wratten ook van Robbeneiland tot by Kaapstad swem.

Hy het in 2010 deur Namibië begin loop - aanvanklik om vrede ná moeilike tye in sy lewe te vind.

Nou stap hy bloot omdat hy lief is daarvoor en die natuur bewonder.

Volg gerus Chadmanwalking se staptog op sy blog by www.chadmanwalking.com.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!