Man sterf aan Kongokoors
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste het die man ’n buurman met die slag van ’n koei vol bosluise gehelp.
Henriette Lamprecht – ’n Man van die Keetmanshoop-distrik wat met simptome van Kongokoors in die hospitaal opgeneem is, het Woensdag, ’n week later, aan dié siekte gesterf.
Die 37-jarige man is in die isolasie-eenheid van die Windhoek Sentrale Hospitaal dood.
Hy is op 27 Maart in die hospitaal opgeneem en drie dae later na die isolasie-eenheid oorgeplaas nadat hy positief vir Kongokoors getoets het.
Twee mense is verlede jaar aan dié siekte dood. ‘n Man van 'n nedersetting naby Gobabis het in Februarie vanjaar positief vir die siekte getoets.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, het die man wat Woensdag gesterf het op 21 Maart ’n buurman met die slag van ’n koei gehelp.
Die koei was na bewering met bosluise besmet.
Volgens Haufiku is ’n waarnemingspan van die ministerie in Keetmanshoop besig om almal op te spoor met wie die oorledene kontak gehad het.
’n Reaksiespan is ook na die distrikhospitaal op die dorp uitgeplaas, met beamptes van die veeartsenydepartement van die ministerie van landbou, water en bosbou, wat deel van die span vorm.
Volgens Haufiku word een bevestigde geval van Kongokoors volgens riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as ’n uitbreking geklassifiseer.
Simptome van Kongokoors sluit ’n skielike hoë koors, kopseer, rugpyn, gewrigspyn, maagpyn, lighoofdigheid, ’n stywe nek, ’n uitslag en kneusing in.
Die slagoffer was in kontak met ’n persoon wat óf soortgelyke simptome ervaar het, óf diere wat met bosluise besmet is of deur ’n bosluis gebyt is.
Nog simptome sluit naarheid en braking, ’n seer keel, skielike gemoedswisselings en verwarring in.
Volgens Haufiku kan iemand Kongokoors deur ’n bosluisbyt of die hantering van bosluise opdoen, of deur direkte kontak met besmette dierebloed en organe, wat die slag van diere insluit wat bosluise op hulle het.
Dit kan ook oorgedra word deur die hantering van besmette linne, beddegoed of die gebruik van besmette mediese toerusting en voorraad; direkte fisieke kontak met liggaamsvloeistowwe of die bloed van iemand met die siekte, sowel as direkte kontak met die liggaam van iemand wat aan die siekte gesterf het.
Mense wat bogenoemde simptome ná ’n bosluisbyt ervaar, word versoek om met die naaste kliniek of hospitaal in verbinding te tree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie