Man sterf 'n vlammedood

Adolf Kaure
Adolf Kaure



'n 30-jarige man het die naweek op Omaruru gesterf toe die huis waarin hy gelê en slaap het, aan die brand geraak het.

Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, misdaadkoördineerder van die Erongostreek, het die voorval Saterdag tussen 05:00 en 06:00 in die hoofstraat op Omaruru plaasgevind.

“Die oorledene, mnr. Reason Useb, het na bewering ná 'n aand uit na sy huis in Wilhelm Zerauastraat teruggekeer. Hy is kombuis toe voor hy bedwaarts gekeer het. Twee kinders (12 en 13), wat in dieselfde kamer geslaap het, beweer hulle het 'n paar minute later ontdek die huis is in vlamme. Hulle het vergeefs vir Useb probeer wakker maak.



oorlewendes

“Die kinders en drie familielede wat in die huis was, kon na veiligheid hardloop,” het Iikuyu gesê.

Volgens hom is niemand anders beseer nie. Die huis en sy inhoud het afgebrand. Die oorledene se oorskot is vir 'n nadoodse ondersoek na die polisielykshuis op Walvisbaai geneem. Die ondersoek duur voort en die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!