Man United pos kaptein oor bakleiery
Man United pos kaptein oor bakleiery

Man United pos kaptein oor bakleiery

Sokker
Harry Maguire, kaptein van Manchester United, is Dinsdagaand uit Engeland se sokkergroep vir sy komende Nasiesliga-wedstryde geskop nadat ’n Griekse hof hom ná ’n bakleiery op die eiland Mykonos verlede week aan veelvuldige aanklagte skuldig bevind het.
Hofbeamptes sê Maguire is onder meer aan aanklagte van aanranding met die opset om te beseer, ’n poging tot omkopery asook geweldpleging teen openbare beamptes ná sy inhegtenisneming verlede Donderdag skuldig bevind.
Die 27-jarige Maguire is gevangenisstraf van 21 maande en tien dae opgelê, wat opgeskort is.
Maguire, ’n verdediger, was deel van ’n groep vriende wat met ’n ander groep handgemeen geraak het. Nadat die polisie tussenbeide getree het, is die geregsdienaars ook bygedam.
Maguire het ná die voorval twee dae in die tronk deurgebring.
“Ek kan bevestig dat ek Harry Maguire weens Dinsdagaand se gebeure aan Engeland se wedstryde teen Ysland (op 5 September in Reykjavik) en Denemarke (op 8 September in Kopenhagen) onttrek het,” het Gareth Southgate, Engeland se afrigter, in ’n verklaring gesê.
Engeland het in November verlede jaar laas gespeel weens die ontwrigting wat deur die Covid-19-pandemie veroorsaak is. – Reuters


FOTO
Harry Maguire nadat hy Saterdag die eerste keer in ’n hof in Griekeland verskyn het. Foto AP

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!