Man van halfmiljoen se items beroof
Tanja Bause
Vyf gewapende mans het 'n man by sy huis in die hoofstad beroof en met items ter waarde van 'n halfmiljoen Namibiese dollar weggekom.
Vrydag om 21:05 het die mans 'n 57-jarige man by sy huis in Nelson Mandela-rylaan met wapens gedreig en hom vasgebind. Die verdagtes het met die man se Jeep Wrangler, 'n selfoon, 'n Sony- digitale kamera, 'n 9 mm-pistool en drie afstandbeheertoestelle gevlug. Die waarde van die gesteelde items is N$500 000.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
In ander gebeure is vier mans tydens twee onderskeie voorvalle met dagga betrap en in hegtenis geneem.
Volgens die polisie is 'n 26-jarige man Donderdag om 15:30 by die Gobabis-weegbrug gearresteer. Die polisie het sewe pakkies dagga ter waarde van N$15 500 by die man gevind nadat hulle hom deursoek het.
Vrydag is nog drie mans (33, 40 en 44 jaar oud) op die B1 naby die weegbrug in hegtenis geneem. Hulle was in die besit van 'n blok dagga bekend as Skunk ter waarde van N$6 000. In beide gevalle duur die polisieondersoek voort.
Volgens die verslag is 'n 26-jarige man Saterdag om 10:30 by die China Town-inkoopsentrum in Katutura weens die besit van 'n ietermagôvel sonder 'n wettige permit in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie