Man van Swakop ontleed Tsjernobil-ramp
Des Erasmus - Dit was 01:23:04 die oggend van 26 September 1986 in Tsjernobil. Moeilikheid.
Toe 01:23,43, kwalik ’n halfminuut later, maar vir die ganse mensdom ’n minuut voor middernag. Dit was te laat om die aarde van Tsjernobil te red.
Toe eers een ontploffing en toe ’n tweede. Radioaktiewe uitskot is uitgesmyt om die grense van baie lande oor te steek en om visioene van die dag van oordeel te stook. ’n Ramp is ontketen waarvan die uiteindelike omvang nog nie eens naastenby bepaal is nie.
So vertel Alain L’Hour oor die Tsjernobil-ramp wat deel van die elektroniese en myningenieur se loopbaan sou word.
Voor sy betrokkenheid by Tsjernobil was L’Hour in Pakistan besig met die bou van ’n baie groot chemiese aanleg by Bin Qasim, sowat 70 km van Karatsji. Daar was hy as ingevoerde Fransman reeds in 1998 die hoof uitvoerende beampte. Toe was hy Kersfees in Kiëf, hoofstad van die Oekraïne. Dit was byna 13 jaar ná Tsjernobil, in die wandel ’n taamlike lang tydperk, maar in die ondersoek na redes en ’n moontlike heropboufase van die verskroeide aarde maar net ’n oogwink van ’n proses wat volgens L’Hour nog baie lank gaan duur.
Van heinde en ver is bystand verleen. Areva was toe reeds ’n internasionale leier op die gebied van kernkrag. Europese lande het besin oor hoe en watter hulp verleen kan word. Areva was die aangewese tussenganger vir hulp in ’n eertydse Russiese republiek. Toe het Areva die voelers op hom gerig. L’Hour was bra afsydig: “Net nie weer uraan nie! Daarvan het ek genoeg gehad.”
Toe kom die aankondiging. Europa het op Areva besluit en Areva sien in Alain L’Hour die man. Hy sal op 1 Maart leier van ’n groep van sestig deskundiges wees wat by die ontrafeling en moontlike beveiliging van Tsjernobil betrokke sou raak. Hulle moes vasstel watter risiko’s steeds aan Tsjernobil gekoppel word. Kan daar weer uitbarstings kom?
‘Mooiweersdae’
By die aanleg was Reaktor 4 verwoes. Reaktor 3 was steeds aktief. Reaktors 1 en 2 was nie in gebruik gestel nie en aan nog twee reaktors was gebou. Alles was gekoppel aan ’n onderneming om krag aan Turkye te lewer.
Vir L’Hour en sy slimdinkers was die klimaat in dié deel van die Oekraïne ’n faktor waarmee rekening gehou moes word. In die winter van die Noordelike Halfrond raak dit bitter koud. Temperature van 45 grade onder vriespunt word aangeteken. Is dit die dag minus 27 grade, is dit ’n mooiweersdag, sê hy.
Toe die ramp toegeslaan het, was die Oekraïne nog deel van die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke (USSR). Ná die ontbondeling van die republieke was die Oekraïne in sy eie bootjie.
Volgens L’Hour was een van sy span se eerste en grootste probleme ’n vertrouenskrisis tussen die mense van die oorspronklike Rusland en die inkommers van die Weste wat kom help het. Hy meen dit het van ses tot agt maande gekos om die vertroue van die mense te wen. Op taalgebied moes ’n basiese Russies geleer word en verstandhoudings moes geskep word om in die plaaslike gemeenskap aanvaar en opgeneem te word.
Was Tsjernobil ’n veilige plek om te gaan?
L’Hour: “As jy weet wat jy doen, was jy veilig. Dis vandag nog nodig om verlof te kry om die gebied binne te gaan. ’n Gebied van 30 km om Tsjernobil is verbode. Dis radioaktiewe gebied wat nog nie veilig is nie.”
Oor die sterftesyfer in die ramp sê hy ’n gewilde syfer is 32 by die aanleg, onder wie verskeie brandweermanne. Niemand ken die werklike syfer nie. Die sterftes van nog 15 000 mense weens bestraling word in die aangrensende gebiede en lande beweer. ’n Geskatte 35 000 mense, ook die inwoners van Pripyat, is hervestig. Tussen 1986 en 2000 moes nuwe blyplekke vir mense van die aangrensende Belarus, Rusland self en die Oekraïne gekry word..
Volgens L’Hour is die omgewing ’n pragtige landskap. In die woude is daar wolwe, bere en ’n groot boksoort. Jy hoor snags die wild. Die wolwe waag dit ook uit die bos tot by asblikke op soek na kos.
Die winter van 2006/7 was die ergste toe temperature van -45 grade en -27 grade op ’n mooiweersdag gemeet is. Pripyat het benewens sy geskatte 20 000 inwoners ook 13 000 boere gehad. Koring is ’n belangrike gewas.
Na sy beroepsbetrokkenheid in vele lande sê hy Namibië is die beste van alle lande, Swakopmund in die besonder.
Oor die ramp self sê L’Hour kernreaktors van Tsjernobil was gebou om elkeen 1 000 MW krag op te wek. Net voor die ontploffing het die betrokke reaktor 10 000 MW opgewek. Stoom was die oorsaak van die ontploffing deur die boplaat van 2 000 ton te lig.
Die eerste verslae wat van Kiëf na Moskou oor die ontploffing gestuur is, was bra flou en vaag en het net melding van ’n brand gemaak. Verbindings tussen Tsjernobil en Kiëf was ook swak.
Die ramp op 26 September en die volgende dag, 27 September 1986, het daartoe gelei dat die mense van Pripyat opdrag gekry om te ontruim. Die busse het 11:00 gekom om hulle te haal en teen 15:00 was 53 000 mense verskuif. Op 28 September is ’n noodsone in ’n straal van 10 km om Tsjernobil afgekondig en tien dae later in die begin van Oktober is dit na 30 km uitgebrei.
Rusland het ook ’n dorp, Slavutich, laat bou om in die plek van Pripyat te kom. Agt lande van die Unie het met die bouery gehelp en elke wyk van Slavutich is na lande vernoem wat met die bouery gehelp het. Slavutich lê 38 km van Tsjernobil. Dit is waar die meeste van die huidige werkers van Tsjernobil steeds bly. In die middel van Slavutich is ’n gedenksteen aan Tsjernobil en ’n gewilde plek onder almal wat daarlangs gaan.
Die kernkragsentrale vir die lewering van krag aan Turkye is in 1977 gebou. Reaktor 4 is geaktiveer sonder dat dit in die voorproduksiefase getoets is. Rusland word daarvan beskuldig dat die proeflopie uitgeskakel is sodat die kragkontrak met Turkye nagekom kon word.
Toe Rusland in 1986 opdrag gegee het dat reaktor 4 aan ’n proeflopie onderwerp moes word, was dit ’n ingewikkelde proses met die reaktor wat toe reeds vir produksie gelaai was. Die proeflopie sou in daglig op 25 September onderneem word, maar om onbekende redes is dit tot die nag uitgestel wanneer ’n kleiner mannekrag aan diens sou wees. Dit was toe dat ’n toestand bekend as reaktorvergiftiging ingetree het.
In die nag van 26 September was al die brande om 06:30 in Tsjernobil
geblus, maar nie die brand in die reaktorlokaal nie.
Toe ’n ondersoekspan van Moskou laat die middag van 26 September op Tsjernobil aangekom het, was twee mense reeds dood en nog 52 in hospitale opgeneem. Die span het op die hoë bestraling as gevolg van die ontploffing afgekom en het op 27 September die opdrag gegee dat Pripyat se inwoners en ander mense van die omgewing verwyder moet word.
’n Paar dae ná die ramp is ’n arbeidsmag van tussen 600 000 en 800 000 mense na Tsjernobil gestuur om die gebied skoon te maak en reg te maak wat nog reggemaak kon word en om vir die toekoms te beplan.
In Slavutich het L’Hour en sy span met van die oorblywende lede van die reddingspan geskakel. Hulle het met regstreekse inligting oor die ramp en die eerste dae daarna gekom.
Hoëgraadse bestralingsbesoedeling het oor gebiede tot 800 km van Tsjernobil voorgekom. In Swede, Finland en Oos-Europa was mense aan bestraling honderd keer meer as die gewone blootgestel.
Die veiligheidskoepel wat gebou word om ná voltooiing oor Tsjernobil te skuif en wat een van die take van L’Hour en sy span was, moes aanvanklik in 2015 klaar wees. Daar wou nou voorspel dat dit in 2017 voltooi gaan word.
L’Hour, die wetenskaplike wêreldreisiger
Juis sy nering as elektriese en myningenieur van internasionale aansien, het Alain L’Hour ’n wêreldreisiger gemaak al agter die roepstem van sy gesofistikeerde vakmanskap aan.
Toe uitspantyd vir die Fransman aanbreek, het hy weer ’n verkenningstog onderneem om te besluit waar hy sy verdiende rustyd en vrede saam met sy mense gaan geniet. Van al die plekke wat hy ken, het sy landskeuse op Namibië geval met voorkeur aan Swakopmund, wat ook sy laaste vesting was in sy diensjare vir Areva, wêreldwyd ’n erkende leiersinstansie op die gebied van kernkrag en in latere jare gevolglik ook uraan. Die Namibiese projek was die Trekkopje-uraanmyn naby Arandis in die middel van die Namib. Dit is ’n aanleg wat sluimer, maar gereed bly vir mynwording wanneer die sukkelende uraanprys met ’n regrukaksie kom. Dan gaan die swaar ratte van Trekkopje weer rol met die druk van ’n knoppie.
Die Namibiese monument in die loopbaan van Alain L’Hour is die Erongo-ontsoutingsaanleg van seewater by Wlotzkasbaken tussen Swakopmund en Hentiesbaai. Dis ’n projek waarin die allerbeste tegnieke vir ontsouting ter wêreld saamgevoeg is om ’n einde te maak aan ’n mite dat Namibiese seewater nie vir grootskeepse ontsouting geskik is nie. Die gehalte van Wlotzka se ontsoute seewater word reeds bestempel as beter as die van gebiede om die Middellandse
See waar ontsouting reeds die toets van die jare deurstaan het.
’n Ander indrukwekkende mylpaal op die loopbaanpad van die Fransman was Tsjernobil in die Oekraïne, waar een van die grootste rampe van alle tye afgespeel het, selfs groter as die siddering wat die atoombom van die Tweede Wêreldoorloog op Hirosjima veroorsaak het. Op 26 April 1986 het Tsjernobil ontplof. Van 1999 tot 2007 het L'Hour daar ’n span van ses uitgesoekte internasionale ingenieurs en wetenskaplikes gelei in ’n vroeë herwinningsfase ná ’n ramp waarvan die gevolge nog dekades lank gevoel gaan word. Dis letsels wat stadig genees.
Dertig jaar ná Tsjernobil het L’Hour in die rustigheid van ’n Swakopmundse kwekery met Republikein oor Tsjernobil gesels. Dis die Swakopmund wat vir ’n hoogtepunt in sy loopbaan gesorg het toe die simboliese Vryheid van die Stad aan hom toegeken is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie