Man vas ná bom ontplof in Manchester
Die terreurgroep Isis het aanspreeklikheid vir die bomaanval aanvaar.
Die dodetal in die ontploffing in Manchester in Brittanje het tot 22 gestyg - van hulle is kinders.
Die polisie sê 59 mense is ook in die vermeende terreuraanval beseer. Die Namibiese hoëkommissariaat in Londen het in 'n telefoniese onderhoud met Republikein gesê hulle is nie bewus van enige Namibiërs wat in die Manchester-arena was of dood of beseer is in die aanval nie.
Die voorval het Maandag omstreeks 22:33 by die Manchester-arena gebeur ná 'n konsert deur Ariana Grande, 'n Amerikaanse sangeres wat gewild is onder veral tieners en kinders.
Die ontploffing het in die middel van 'n verkiesingsveldtog gebeur. Alle politieke partye het hul verkiesingsveldtogte ná die aanval tydelik gekanselleer.
Die Britse eerste minister, Theresa May, het volgens 'n verklaring wat deur die Britse hoëkommissariaat in Windhoek uitgereik is, gesê: “Ons werk om die volle besonderhede vas te stel van wat deur die polisie as 'n afskuwelike terroriste aanval hanteer wor.
“Al ons gedagtes is by die slagoffers en die familie van diegene wat geraak is.”
Die Britse minister van binnelandse sake, Amber Rudd, het gisteroggend gesê: “Dit was 'n barbaarse aanval wat met opset sommige van die mees weerlose in ons gemeenskap, jong mense en kinders, by 'n popkonsert geteiken het.”
Gisteroggend is 'n noodvergadering van die komitee vir krisisreaksie in die kabinetkantoor se inligtingskamer (COBRa) belê wat deur Rudd bygewoon is en waar die eerste minister voorgesit het om inligting in te samel en meer oor die aanval uit te vind.
“Die publiek moet waaksaam, maar nie bekommerd wees nie. Indien hulle iets het om aan te meld, moet hulle die polisie nader,” het Rudd gesê.
Hoofkonstabel Ian Hopkins van die Manchester-polisie het tydens 'n nuuskonferensie gesê beseerdes word in agt hospitale in die groter Manchester-gebied behandel. Hy sê meer as 400 polisiebeamptes was Maandagnag gemoeid met die veiligheidsoperasie en dat “'n vinnig-bewegende ondersoek” gedoen word.
Hy sê die polisie probeer nou vasstel of die selfmoordbomaanvaller alleen opgetree het en of die persoon deel van 'n netwerk was.
“Ons prioriteit is om saam met die nasionale teenterreur-polisiëringsnetwerk en Britse intelligensiedienste te werk om meer inligting te kry oor die individu wat die aanval uitgevoer het,” het Hopkins gesê.
Die aanval is die nuutste in 'n reeks aanvalle wat sedert 2015 Europa teiken en kom slegs twee maande nadat 'n aanvaller vyf mense buite die parlementsgebou in Londen doodgemaak het.
Ooggetuies het aan Sky News gesê hulle het 'n harde slag aan die einde van Maandagaand se vertoning gehoor.
“Die konsert was klaar en ons almal was besig om te loop. Daar was 'n ontploffing aan ons linkerkant en mense het begin hardloop,” het Isabel Hodgins aan Sky News gesê. “Dit het soos 'n brand geruik en daar was redelik baie rook toe ons vertrek het.”
Die voorval herinner aan die aanval in 2015 op Bataclan in Parys, Frankryk, waar gewapende mans 'n rockkonsert geteiken het. Die konsertgangers in Manchester was selfs jonger. Sommige ooggetuies meen dat kinders so jonk soos nege jaar by die konsert was.
Een ooggetuie het aan die BBC gesê ouers het ná die ontploffing op mure gestaan en vir hul kinders geskree. Hotelle in die stad het kinders tydelik ingeneem totdat hul familielede opgespoor kon word.
Foto's van vermiste tieners is deur vriende en familie op sosiale media geplaas. Sommige konsertgangers sê hulle het eers gedink die ontploffing is veroorsaak deur een van die pienk ballonne wat die arena versier het. Televisiebeeldmateriaal wys tonele van paniekbevange mense wat skarrel om die plek te verlaat.
Teen druktyd het Isis aanspreeklikheid vir die Manchester-aanval aanvaar, berig AP. Intussen berig Reuters 'n 23-jarige man is in verband met die voorval in hegtenis geneem. Bronne: Britse hoëkommissariaat/Namibiese hoëkommissariaat/Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie