Man vas oor ietermagôvel
'n Man (30) is op Oujaarsdag op Okahao in hegtenis geneem toe hy glo 'n ietermagôvel wou verkwansel.
Hy het glo omstreeks 13:55 die vel ter waarde van N$50 000 tydens 'n polisieoperasie aan 'n geheime polisiebeampte probeer verkoop.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag sou die verdagte Maandag in die landdroshof op Okahao op klagte van die onwettige besit van en handel in beheerde wildprodukte verskyn.
Wat veediefstal betref, is twee sake aanhangig gemaak. Op die plaas Daham 54 in die Karibib-distrik is agt bokke verlede Donderdag gesteel.
“Die onbekende verdagtes het omstreeks 16:00 agt bokke uit die weiveld gesteel, hulle in 'n kamp ingejaag en al die bokke geslag. Hulle het drie karkasse, asook die koppe en binnegoed op die toneel gelos en met vyf karkasse verdwyn,” lui die verslag.
Die waarde van die bokke is sowat N$21 800. Niemand is in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.
Op Nuwejaarsdag tussen 14:00 en 17:00 is ses skape uit die weiveld op die plaas Springbokvlakte (Omumbonde) in die Khorixas-distrik gesteel. Die waarde van die skape is sowat N$5 400.
Twee verdagtes van 39 en 34 jaar oud is in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort.
Intussen is kommer oor veediefstal en wildstropery op private plase in die Dordabis-omgewing, sowat 80 km oos van Windhoek, uitgespreek.
Die nasionale woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, het aan Nampa gesê 29 gevalle van veediefstal en wildstropery is in 2020 by Dordabis se polisie aangemeld. Dordabis het sowat 2 500 inwoners.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie