Man vas oor wild op NamPower-bakkie

'n Man verskyn vandag op Otjiwarongo in die hof vir onwettige jag.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - ’n 48-jarige man is vroeg Saterdagaand deur die polisie van Kalkfeld in hegtenis geneem nadat ‘n sekuriteitswag wat 'n plaas langs die Otjiwarongo-Kalkfeld-pad vir onwettige jagters patrolleer, na bewering gesien het hoe wild op ‘n bakkie van NamPower gelaai word.

Die plaaseienaar, wat uit vrees vir weerwraak anoniem wil bly, sê die vermeende onwettige jagter se makker het met die vuurwapen uit die bakkie gespring en weggehardloop toe die polisie by die toneel opdaag. Die geweersak is wel in die bakkie gevind.

Agterop die bakkie was twee vlakvarkkarkasse asook dié van ‘n dragtige swartneusrooibokooi. Laasgenoemde spesie is beskermde wild.

“NamPower patrolleer die kragdrade wat oor plase in die land loop sonder om by die plaaseienaar aan te meld. Hulle betreë jou grond en het dan eintlik ongekontroleerde toegang tot jou hele plaas. ‘n Mens begin wonder of dit veilig is,” sê dié plaaseienaar.

‘n Paar dae gelede is ‘n dragtige elandkoei ook onwettig op sy plaas geskiet, het hy gister aan Republikein gesê.

“Voëls soos tarentale en korane loop ook deur. Een persoon is vroeër vanjaar in verband met ‘n voëljagtery aangekeer waarvoor ‘n haelgeweer gebruik is. Vrydagnag is ‘n taxidrywer by die Otjiwarongo-Outjo-Kalkfeldkruising gearresteer met wildsvleis in die kattebak. Mense wat met honde op plase jag, hou boere in die omgewing ook heeltyd besig,” sê hy.

Volgens hom is onwettige jag "‘n onophoudelike en groot probleem wat net meer en erger word".

Adj.komm. Naukalemo Andreas, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Otjozondjupastreek, het aan Nampa bevestig die verdagte is om 18:48 op die C33-pad tussen Kalkfeld en Otjiwarongo in hegtenis geneem.

Hy sal na verwagting vandag op ‘n klag van onwettige jag in die landdroshof op Otjiwarongo verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!