Man vas vir 'koedoe-ongeluk'
Man vas vir 'koedoe-ongeluk'

Man vas vir 'koedoe-ongeluk'

NAMPA
'n Man is op Aranos in die Suide in hegtenis geneem nadat hy na bewering vals inligting aan die polisie verskaf het waarvolgens hy beweer 'n koedoe het op sy kar gespring.

Volgens Nampol se waarnemende koördineerder vir misdaadondersoeke in die Hardapstreek, hoof­insp. Simon Hauwanga, het die man die valse verklaring Donderdag omstreeks 19:00 afgelê.

Hauwanga sê die verdagte het onregmatig en met opset met 'n wit Volkswagen Polo met 'n Okahandja-registrasienommer na die polisiekantoor gery om 'n padongeluk te registreer.

Die verdagte het beweer 'n koedoe het op sy motor gespring, waarná hy beheer oor die motor verloor het.

'n Polisiebesoek aan die beweerde ongelukstoneel het getoon die 58-jarige man het met opset herhaaldelik in 'n boom vasgery.

Hy het die kar se dak ook met 'n hamer bygekom, wat op die toneel gevind is. Die verdagte is in hegtenis geneem en word tot sy hofverskyning in die polisieselle op die dorp aangehou.  - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer