Man vas wat hond, vrou glo skiet
Man vas wat hond, vrou glo skiet

Man vas wat hond, vrou glo skiet

Denver Kisting
Denver Kisting



'n Man het die afgelope week in die Ondangwa-landdroshof verskyn nadat hy glo 'n hond doodgeskiet en die troeteldier se eienaar gewond het.

Ao. Frieda Shikole, die waar­nemende polisiewoordvoerder in die Oshanastreek, het gister die voorval bevestig.

Volgens haar het mnr. Johannes Amupunda (40) Saterdag omstreeks 20:00 by die kroeg van die 26-jarige me. Tulongeni Gabriel aangekom.

By sy aankoms by die watergat in die Uupopo-woonbuurt op Ondangwa het hy glo vir Gabriel en haar hond buite die kroeg aangetref. “Hy het gesê 'ek hou nie van dié hond nie' en die dier verjaag,” het Shikole gister by navraag gesê.

Amupunda het toe na bewering die kroeg binnegegaan, 'n drankie gaan koop en met die uitkom weer die hond saam met die eienaar aangetref.

Shikole sê Amupunda het glo sy vuurwapen op die hond gerig en begin skiet.

Hy het na bewering die vrou dwarsdeur haar been geskiet waarna die koeël die hond binnegedring het.

Die polisiewoordvoerder sê die hond is op die toneel dood.

Sy kon nie die geslag of ­ouderdom van die troeteldier bevestig nie.

Volgens haar is Amupunda aangekeer en staar 'n klag van poging tot moord hom in die gesig.

Hy is reeds voor die hof gedaag en borgtog is geweier, het sy gesê. Die polisieondersoek duur voort.

Amupunda staan ook tereg op aanklag van wreedheid teen diere.

Shikole sê Gabriel is reeds uit die Onandjokwe-hospitaal ontslaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!