Man verkrag glo negejarige
Man verkrag glo negejarige

Man verkrag glo negejarige

Tanja Bause
’n Een-en-dertigjarige man het Saterdag omstreeks 06:00 in die Onamishu-nedersetting in Omuthiya na bewering ’n negejarige meisie verkrag, luidens die Namibiese polisie se misdaadverslag. Die verdagte en slagoffer was glo alleen by die huis toe hy haar in haar slaapkamer verkrag het.

Me. Mamsie Kasetura (42) se liggaam is die naweek in ’n klein rivierbedding naby die Nau-Aib-asgate op Okahandja gevind. Sy het op haar maag gelê en het brandwonde oor haar hele lyf gehad. Na beweging het sy haar dogter gebel voordat sy Okahandja toe gegaan het en vir haar gesê sy het baie probleme.

Die liggaam van die 33-jarige me. Josephine Harases is Saterdag omstreeks 06:35 in die informele nedersetting op Khorixas gevind. Haar kêrel het na bewering haar liggaam buite die huis gevind. Die oorledene en haar kêrel het glo die vorige aand tuisgebroude tradisionele drank (ombike) gedrink en dronk by die huis aangekom. Die polisie het haar liggaam op die toneel ondersoek en kneusplekke op haar voorkop opgemerk. Hulle vermoed sy het dalk geval.

Volgens die polisie het vier mense die naweek selfdood gepleeg deur hulself op te hang. ‘n Man (47) het homself in die Ontoko-nedersetting in die Omusatistreek met draad opgehang en in die Okaluwa-nedersetting op Okatope het ’n 29-jarige man selfdood gepleeg. In Mariental se Ombili- informele nedersetting het ’n 31-jarige vrou haarself in haar sinkhuis opgehang en ’n 27-jarige vrou het haarself in die Onengali-nedersetting in Ohangwena aan ’n boom opgehang.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!