Man verkrag sussie (14) glo

Die verdagte het in die hof op klagte van ontvoering, verkragting, bloedskande en aanranding verskyn.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - ’n Man is op 11 September op Kombat in hegtenis geneem ná hy glo sy eie 14-jarige suster tussen 2012 en 2019 verkrag en swanger gemaak het.

“Mnr. Fritz Mushongo (26) het die slagoffer glo sonder haar ouers se toestemming na die plaas Disiban in die Okakarara-gebied geneem,” lui ‘n polisieverklaring.

“Hy het saam met sy suster gebly wat toe 14 jaar oud was en het haar swanger gemaak.”

Mushongo het in die hof op klagte van ontvoering, verkragting, bloedskande en aanranding verskyn. Hy is borgtog geweier en sy saak is tot 25 November uitgestel.

Hy is een van vier vermeende verkragters van minderjariges, wat in hegtenis geneem is en borgtog in Namibiese howe geweier is.

Mnr. Goliath Karunga (49) het na bewering tussen Februarie en September ’n 17-jarige meisie op Otjinene en Outjo verkrag. Hy is op 9 September op Outjo in hegtenis geneem.

Karunga het in ’n hof verskyn, is borgtog geweier en sy saak is tot 7 November uitgestel.

Nóg ’n 14-jarige meisie is glo op 24 Augustus omstreeks 19:34 in Blikkiesdorp op Grootfontein deur mnr. Moses Kudumo (23) verkrag.

Volgens die polisie het hy in ’n hof verskyn ná hy op 25 September in hegtenis geneem is.

Hy is borgtog geweier.

Die 22-jarige mnr. Lucas iXuda word weer daarvan aangekla dat hy op 4 Augustus ’n 12-jarige seun op Otjituuo verkrag het.

Hy is borgtog in die hof geweier en sy saak is tot 10 Oktober uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!