Man vermoor meisie glo, hang homself
Francoise Steynberg - Vyf mense is die naweek vermoor, van wie een 'n swanger vrou was.
Haar kêrel het homself glo ná die moord gehang.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het mnr. Thomas Hangano Amutnya (36) glo sy swanger meisie, me. Katalina Shisheni Shiiyele (24), omstreeks 01:00 Vrydag verwurg.
Daarna het hy homself glo gehang.
Die voorval het in die Oneeya-nedersetting naby Ogongo in die Okalongo-kiesafdeling plaasgevind.
Op Grootfontein het nóg 'n man sy meisie, me. Magriet Geigus (26), na bewering vermoor deur haar Saterdag omstreeks 19:00 herhaaldelik met 'n mes in die kop, regterarm en linkerskouer te steek.
Sy het op die toneel, langs Pupkewitz Megabuild, gesterf.
Die 34-jarige man is in hegtenis geneem.
Hulle is albei na wat verneem word plaaswerkers en het twee kinders - 'n sesjarige dogter en driejarige seuntjie.
Verskeie mesmoorde het die naweek plaasgevind.
Een voorval het glo Saterdag omstreeks 23:00 in Outapistraat in Havana plaasgevind.
Mnr. Michael Kashiku (32) het op die toneel gesterf nadat hy glo tussenbeide getree het om 'n bakleiery te stop toe twee mans buite 'n kroeg na wat verneem word mekaar met messe getakel het.
"Een van die mans het hom in die proses noodlottig gewond. Die twee bakleiende mans is albei in die Katutura-staatshospitaal met meswonde opgeneem, van wie een baie ernstig beseer is," lui die verslag.
Nóg 'n man was die slagoffer van 'n mesmoord ná hy glo probeer het om 'n man te beroof wat glo geld by 'n dobbelmasjien gewen het.
Die voorval het Vrydag omstreeks 01:25 in die Oshuushe-nedersetting in die Indangungu-gebied naby Ondangwa plaasgevind.
"Mnr. Lazarus Petrus (25) is dood nadat hy deur 'n 43-jarige man met 'n okapi-mes gesteek is. Petrus het die verdagte glo van sy wengeld probeer beroof. Die verdagte se identifkasiekaart en beursie met N$800 se kontant is by die oorledene se liggaam gevind," lui die verslag.
Die verdagte is in hegtenis geneem en die ondersoek duur voort.
Tydens 'n bakleiery is mnr. Rahbin Roberto Kuhanga (21) Sondag omstreeks 02:16 na bewering met 'n skerp voorwerp in die bors by die Nautedam by Keetmanshoop gesteek. Hy het op die toneel gesterf. ’n Verdagte (20) is in hegtenis geneem en sal vandag in die hof verskyn.
'n Elfjarige gestremde meisie, Wilkka Nashilongo, is Vrydag omstreeks 10:00 in die Olukulo-nedersetting naby Tsandi tragies oorlede toe sy glo in haar kamer doodgebrand het.
"'n Tweejarige kind het vermoedelik met vuurhoutjies in die huis gespeel toe sy voog water by die bure gaan haal het," lui die verslag.
Op Karasburg het 'n 25-jarige man Saterdag om 05:00 glo sy ma se huis in die plakkerskamp op die Suide-dorp afgebrand.
Niemand is beseer nie.
Die verdagte is in hegtenis geneem en sou gister in die hof verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie