Man vermoor meisie, hang homself
Misdaad
’n Man wat daarvan verdink word dat hy sy meisie, me. Hertah Ndahula (33), in Sea Point, Kuisebmond, doodgesteek het, het homself Saterdag op dieselfde perseel gehang.
Adjunkkommissaris Erastus Iikuyu het die voorval bevestig en gesê die man, wat as mnr. Fillemon Nghatanga (35) geïdentifiseer is, het ’n selfmoordbrief agtergelaat.
“Vanoggend omstreeks 06:55 het die oorlede man na bewering een van sy vriende via ’n selfoon gekontak en hom versoek om na hul huis te kom. Toe die vriend omstreeks 08:00 opgedaag het, het hy op die twee lyke afgekom en die polisie in kennis gestel. Die oorledenes se naasbestaandes is ingelig.”
Volgens Iikuyu het Nghatanga ’n selfmoordbrief agtergelaat waarin hy gesê het hy is ongelukkig met sy meisie se besluit om hul verhouding te beëindig.
Die paartjie is Vrydag omstreeks 23:00 laas lewend gesien.
NOG ’N SELFDOOD
Mnr. Isai Panduleni Sheefeni (34) het homself vermoedelik Donderdag gehang met ’n tou wat aan sy hut se dak vasgemaak was.
Sheefeni het by ’n kroeg in Kuisebmond gewerk en is Woensdag omstreeks 20:00 laas lewendig by sy werkplek gesien.“Sy liggaam is ontdek deur ’n ander huurder wat op pad na die badkamer was. Die huurder het gesien die deur van die oorledene se hut, tussen ’n kroeg en die hoofhuis, was oop en hy het die oorledene binne ontdek,” het Iikuyu gesê.
Iikuyu het gesê Sheefeni het nie ’n selfmoordbrief agtergelaat nie, maar dat geen vuilspel vermoed word nie. Die naasbestaandes is in kennis gestel.
DWELMKLOPJAG
’n Man (41) is in die informele nedersetting DRC in Mondesa in hegtenis geneem nadat dwelms met ’n geskatte straatwaarde van N$3 480 tydens ’n polisieklopjag in sy besit gevind is.
Onder die dwelms was 60 gram dagga en vier mandrax-tablette.
Die verdagte sou Maandag sy eerste verskyning in die Swakopmund-landdroshof maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie