Man vermoor vrou op Gobabis
Drie mense is die naweek in ongelukke dood.
Verskeie ongelukke, verkragtings en rooftogte het die naweek oraloor die land voorgekom.
’n Man het Vrydag tussen 05:00 en 08:00 sy vrou op Gobabis doodgesteek. Me. Ndinelao Shapopi (38), ’n verpleegster, het in Windhoek gewerk voordat sy in Oktober Gobabis toe getrek het. Haar man, mnr. Sakeus Shapaoi (42), wat by ’n lodge in die Noorde werk, het op 15 Desember vir haar op Gobabis gaan kuier. Na bewering het hy haar Vrydag met ’n mes aangeval en doodgesteek.
Hy het haar voertuig gevat en sowat 20 kilometer op die hoofpad tussen Gobabis en Otjinene uitgery en homself aan ’n boom opgehang, aldus die polisieverslag.
Mnr. Sebedeus Matsuib (30) is Saterdag omstreeks 21:00 by die Katorori-snoepwinkel in Hakahana op Omaruru twee keer met ’n mes gesteek. Hy is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die onenigheid het glo begin toe die oorledene vir vier sigarette op skuld gevra het.
Volgens die polisieverslag het die verdagte geweier om vir hom die sigarette op skuld te gee en die oorledene het na bewering gedreig om ’n kragdraad af te sny voordat hy geloop het. Na ’n rukkie het die oorledene met ’n groep vriende teruggekeer en ’n rusie met die verdagte het ontstaan. Dié groep het glo klippe gegooi en drie mans is met messe gesteek. Die ander twee is in die hospitaal opgeneem. Die 44-jarige verdagte is in hegtenis geneem.
Saterdag het ’n 24-jarige vrou na bewering haar baba in die Havana- informele nedersetting in Windhoek geaborteer en in ’n plastiek sak gesit. Sy het die plastieksak op die Havana-asgate gaan weggooi. Die vrou is tans in die Windhoek Sentrale Hospitaal onder polisiebewaking.
NAAM BEKEND
Een van die vissermanne wat verlede Woensdag naby die Platz Am Meer-inkoopsentrum op Swakopmund in ’n skiboot-ongeluk was, is as mnr. Ndeyamunhe Ndeutapo, ’n Angolese burger, geïdentifiseer. Sy lyk is verlede week deur lede van die buurtwag, asook die Seereddingsinstituut van Namibië noord van die inkoopsentrum op die strand gevind. Die skiboot het verlede Woensdag 'n groot brander getref en twee mans het van die boot geval. Die tweede man word steeds vermis.
ONGELUKKE
Vrydag omstreeks 08:25 het die 35-jarige bestuurder van ’n voertuig vir Helena Petrus (15) doodgery. Die ongeluk het in Cuito Cuanavalelaan op Gobabis plaasgevind. Petrus het saam met ’n volwassene probeer om die pad te kruis. Die bestuurder was glo op pad Windhoek toe.
Mnr. Nakanyala Ndeshuuva (29) van die Onambemba-nedersetting is Vrydag op slag dood toe hy beheer oor sy voertuig verloor het en dit omgeslaan het. Die ongeluk het omstreeks 20:00 op die hoofpad tussen Oshikango en Omwandi plaasgevind.
Mnr. Teofelus Niinkoti (61) is Saterdag omstreeks 18:50 op die ongelukstoneel van ’n kop-teen-kop-botsing dood. Die ongeluk het in die Oniihandi-nedersetting naby die Oniipa-brug plaasgevind. Niinkoti was ’n passasier in een van die voertuie.
DIEFSTAL
’n 50-jarige man is Vrydag by die Goreangab-ontspanningspark glo met ’n panga aangeval en oor die kop geslaan. Hy is van sy selfoon, kontant en bril ter waarde van N$34 400 beroof. Die slagoffer is in ’n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Vyf tot ses verdagtes het glo Vrydag omstreeks 21:00 mense in Maansteelstraat in Khomasdal aangeval. Die slagoffers was besig om uit die erf te ry toe die gewapende mans op hulle toegesak het.
Die verdagtes het skote in die lug gevuur en die slagoffers beveel om uit die voertuig te klim. Hulle het een van die slagoffers herhaaldelik met ’n Okapi-mes gesteek. Hulle het met ’n pistool en ammunisie ter waarde van N$10 000, N$5 350 in kontant, verskeie beursies met identiteitsdokumente, ’n selfoon ter waarde van N$3 790, ’n iPad ter waarde van N$3 000, asook U$10 en 10 euro, in ’n swart sedanvoertuig op die vlug geslaan. Vyf patroondoppies en die Okapi-mes is op die toneel gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Verdagtes het tussen Vrydag en Saterdag ’n man in die Otjikoyo-nedersetting gyselaar gehou en sy drank gesteel. Hulle het 5 liter tradisionele bier, twee bokse Castello en sewe kaste bier ter waarde van N$4 560 gesteel. Die polisie het 15 bottels bier teruggevind toe die verdagtes op die vlug geslaan het.
VERKRAGTINGS
’n Twaalfjarige meisie is Saterdag omstreeks 01:00 in Soetdoringlaagte op Stampriet glo deur ’n 45-jarige man verkrag. Hulle bly in dieselfde huis, maar is nie familielede nie. Die man is in hegtenis geneem.
Twee mans het glo ’n 18-jarige meisie in die New Development-nedersetting op Lüderitz verkrag. Hulle het haar glo by ’n huis ingedwing en met verskillende voorwerpe verkrag. Die voorval het Saterdag omstreeks 03:00 plaasgevind en albei verdagtes is in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie