Manale slyp nasionale groep
Manale slyp nasionale groep

Manale slyp nasionale groep

Karate
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die Namibiese Karate-unie (Naku) het vandeesmaand sy nasionale proewe by The Dome op Swakopmund aangebied, waarna hy sy nasionale oefengroep verlede week aangekondig het.

Die groep van 137 atlete sal vir die volgende twee maande onder die wakende oog van sensei Llewellyn Manale, die nasionale afrigter, vir die komende Streek 5 karatekampioenskap oefen. Dié toernooi word van 23 tot 25 Mei in Swakopmund gehou.

Die Karate-unie wens sensei Manale en sy span voorspoed toe in hul strewe om op Namibië se derde plek (uit sewe lande) in Streek 5 in 2018 te verbeter. Naku glo dat Namibië oor die nodige karateka en talent beskik wat hulself sal bewys en as ’n dominante deelnemer by die Afrika karatekampioenskap na vore sal tree wat van 12 tot 14 Julie in Gaborone gehou word.

Die oefengroep verteenwoordig nege style, naamlik Goju Kai, Okinawa Goju-Ryu Karate, Karate Zen, Namibië JKA, Shotokan, Tenshinkan, Bushido Shotokan, Kushido en die Namibië Kyukoshin Karate-organisasie .

Die oefengroep: Abraham Losper, Adelinde Lang, Alexander Neidel, Anco Vermeulen, Anthony Palmer, Biandri Duvenhage, Bora Dadi, Brandon-Lee Martin, Brett Geyser, Brian Nakambonde, Brian Claasens, Caitlin Louw, Carlo Amia, Celine Shilongo, Charmaine Jansen, Cherné Scheepers, Chris McLune, Christiaan de Schmidt, Christof Sheefeni, Damien Klein, Daniel Jacobs, Daniel Tjimuku, Danielle Kriess, Danika Blaauw, Devano Diergaardt, Dominique Smit, Dominique Tsaneb, Edward Drotsky, Ehno Uamburu, Elsabe du Plessis, Emilio Joseph, Eric Clarke, Esterhuizen Mustafa, Eveline Amakali, Ferquin Korner, Franco Nauseb, Freddy Mwiya junior, Gabriella Diergaardt, Ginghano Dadi, Gregwin Lewin, Henry Jooste, Herman van Zyl, Jacques Beukes, Jakuaterua Ndivanga, Jamal Simataa, Jamine-Bobo Mupia, Jan-Magiel Leff, Jared Isaacs, Jason Landuleni, Jay-Dee Mouton, JD Rossouw, Jean de Schmidt, Jessie Paremore, Jewel Slinger, Joaquin Nel, Jonas Amunyela, Jordan Rossouw, Joseph Johannes, Joshua Kunneke, Julian Stuurman, Julio Mwiya, Jurgen van Wyk, Justin Scholtz, Katelin Martin, Katja Dedekind, Keano Strauss, Keanu Stuurman, Kevin Theodore, Kyla Scheepers, Lamey de Jager, Lana Bajorat, Layten Adonis, Levi Strauss, Lilly Mwiya, Manuel Sheehama, Maritza du Plessis, Marshall Klein, Mateus Angula, Mayvonne Swart, Mccleod Diergaardt, Megan Cupido, Mershall Jansen, Merziaan Mouton, Michael Nakapandi, Michelle Tjimuku, Mikayla Geyser, Miriam Idiou, Monique Jooste, Nadine Willemse, Naledi Amia, Nankole Mazila, Nathan Leopoldt, Nathan Muller, Nishaan Titus, Peter Munkelwitz, Phillip van Antwerpen, Phortune Karongee, René Giliomee, Requelle Rickerts, Reynard van Zyl, Riette Jacobs, Roche Thomas, Roelien Jones, Ronja Porteus, Rovaughn Kotze, Rudolph Barnard, Ryan Andreas, Salmon Ikanda, Sam Ekandjo, Shamila Poulton, Shamilla Shatika, Shane Husselmann, Shane Maart, Shanic Saban, Shirleen de Wee, Stefan van der Merwe, Stephan de Jager, Stephanus de Smit, Suheschia van Wyk, Suzelle Pronk, Taylor Seibes, Tileni Ithete, Timothy Coleman, Titus Nakambonde, Vaniya Diergaadt, Vonne Janse van Rensburg, Werner Ahrens, Westley Marshall, Wiana Groenewald, Wilmor Jansen, Xavier Palmer, Xunika Nell, Yaron Lucas, Yasmarika van Wyk, Yoshida du Plessis, Zaviur de Wee.

• Suzelle Pronk het haar land by die 2018 Statebondspele in Australië verteenwoordig en is die eerste Namibiër wat in die K1-premierliga deelgeneem en ’n bronsmedalje verower het. Sy is ook die kaptein van die nasionale span.

• By die 2018 Afrika junior kampioenskap was Mayvonne Swart (silwer en brons), Michelle Tjimuku (brons) en Freddy Mwiya junior (brons) die land se medaljewenners, terwyl Mwiya (goud en brons by die 2018 Statebondspele) en Swart (brons by die 2018 Afrika Jeugspele) ook elders uitgeblink het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!