Mandaat vir inenting kan Namcor u2018bankrot maaku2019
Mandaat vir inenting kan Namcor u2018bankrot maaku2019

Mandaat vir inenting kan Namcor ‘bankrot maak’

Oningeënte werkers moet hulle weekliks laat toets
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage – Die Vakbondkongres van Namibië (Tucna) en die Staatsdiensunie van Namibië (PSUN), is ontstig oor die Petroleumkorporasie van Namibië (Namcor) se besluit om dissiplinêre verhore in te stel teen werknemers wat nie ingeënt is nie en moontlik werk kan misloop weens Covid-19.

Me. Maryke Kröhne, Namcor se uitvoerende hoof van menslike kapitaal, het me. Karina Indongo, ’n werwingsassistent, aangesê om vir twee dae van die werk af weg te bly, waarna dissiplinêre stappe teen haar ingestel sal word indien sy versuim om vir diens aan te meld.

Kröhne het Namcor-werknemers ingelig dat van hulle verwag word om weekliks negatiewe Covid-19 PCR-toetsuitslae te verskaf. Werknemers moet self vir dié toetse betaal.

Kröhne het Indongo uitgesonder en gesê sy staar dissiplinêre stappe in die gesig omrede haar verlof nie goedgekeur was nie.

“In die lig van bogenoemde word julle verplig om vanaf vandag (17 Januarie 2022) huis toe te gaan of om ’n negatiewe Covid-19 PCR-toetsuitslag te verskaf. Neem asseblief kennis dat indien u ná twee dae (gedwonge verlof) van die kantoor afwesig is, sal dié afwesigheid volgens die dissiplinêre kode hanteer word,” het Kröhne gesê.

Namcor het ’n mandaat ingestel wat vereis dat alle kwalifiserende werknemers in Oktober 2021 teen Covid-19 ingeënt moet word. Werknemers moes teen 19 November 2021 ingeënt wees.

MOONTLIKE REGSGEDING

Die prokureur Richard Metcalfe het gewaarsku Namcor sal ernstige litigasie in die gesig staar, sou enige van sy werknemers negatiewe newe-effekte van Covid-19-entstof ervaar.

Volgens hom is Namcor meegedeel dat werknemers bereid is om die entstof te ontvang, op voorwaarde dat die maatskappy verantwoordelikheid aanvaar vir enige negatiewe nagevolge wat die entstof meebring.

“Dis regtig verstommend watter nonsens versprei word en dat mense gedwing word om hul grondwetlike regte deur werkgewers te laat uitbuit, bloot omdat hulle desperaat is om hul werk te behou,” het Metcalfe gesê.

Metcalfe het gesê as enige werknemer nadelige reaksies op die entstowwe ondervind, sal dit Namcor waarskynlik bankrot maak.

“As enige werknemer ’n negatiewe reaksie het, sal aansienlike regsgedinge vir skadevergoeding Namcor in die gesig staar en dit sal hulle bankrot maak.”

G’N WETLIKE REGVERDIGING

Mnr. Mahongora Kavihuha, die sekretaris-generaal van Tucna, het gesê daar is geen regverdiging vir Namcor om sy werknemers te dwing om hulle teen Covid-19 te laat inent nie.

Kavihuha reken daar is geen dissiplinêre stappe wat Namcor teen Indongo kan neem nie en ook geen wetlike regverdiging nie.

“Daar is nie ’n enkele reël wat mense kan dwing om hulself te laat inent nie; geen maatskappybeleid wat dit bepaal nie,” het hy gesê.

REGERING SE STILSWYE ‘ONAANVAARBAAR’

Kavihuha het die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping se stilswye in dié verband bevraagteken en gesê niks word gedoen aangaande die lot van werkers wat nie ten gunste daarvan is om teen Covid-19 ingeënt te word nie.

“Wat doen die regering vir dié werknemers; hoekom is die ministerie van arbeid stil oor die saak? Die kwessie moet aandag kry sodat werknemers gerusgestel kan word. Ons raak moeg; maatskappye kom elke dag met nuwe maatreëls vorendag,” het Kavihuha gesê.

“Ons werk volgens die wet en alles moet daaraan onderhewig wees. Ons is moeg vir hierdie werkgewers se nonsens. Wat besig is om te gebeur, is ekonomiese politiekery,” het Kavihuha bygevoeg.

Die president van PSUN, mnr. Pauli Sitentu, het gewaarsku sy vakbond sal stappe teen Namcor instel, sou hulle met Indongo se dissiplinêre verhoor voortgaan.

“Dis onwettig en ongrondwetlik. Haar gedwonge verlof is ook onwettig; sy moet haar siekverlof kry. As dit [dissiplinêre verhoor] sou gebeur, sal ons eerste spring – of sy een van ons lede is of nie. Dis belaglik, werkgewers kan nie sulke vereistes stel nie,” het Sitentu gesê.

“Dis onwettig, oneties en ons sal dit nie duld nie.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!