Mandela-brief kan R1,9 m. haal
Mandela-brief kan R1,9 m. haal

Mandela-brief kan R1,9 m. haal

Die brief sluit af met ’n kenmerkende vermenging van die persoonlike en die filosofiese.
Elma Kloppers - ’n Deernisvolle brief wat oudpres. Nelson Mandela in Oktober 1974 uit sy tronksel op Robbeneiland geskryf het, kan R1,9 miljoen op ’n veiling in Londen haal.

Teen daardie tyd het Mandela (gevangene 466/64) reeds tien jaar van sy lewenslange vonnis uitgedien.

Dié brief, wat tot nog toe nie gepubliseer is nie, is aan Barbara Lamb gerig en daarin betuig Mandela sy meegevoel met die afsterwe van haar pa, Michael Harmel, ’n goeie vriend en mede-anti-apartheidaktivis.

Mandela het Harmel in die 1940’s op ’n vergadering van die Kommunistiese Party ontmoet en oor die jare het die vriendskap gegroei.

Harmel se vrou, Ray, ’n naaldwerkster en ywerige ondersteuner van die anti-apartheidbeweging, het later op versoek van Mandela Winnie Mandela se trourok gemaak. Die bekende foto van die egpaar ná hul troue in 1958 is in die Harmels se huis geneem.

“Toe Mandela die brief geskryf het, het hy reeds tien jaar van erge swaarkry agter die blad gehad met geen vooruitsig op vrylating nie. En tog het hy sy menslikheid, sy sin vir humor en sy hoop vir die toekoms behou,” sê Giles Peppiatt, Bonhams se direkteur vir die Suid-Afrikaans-verkoping.

Hy sê die brief is ’n fassinerende insig in die karakter van ’n man wat nie opgegee het nie. “Dit is vol warmte en persoonlikheid en toon ’n vasberadenheid om by die wyer wêreld betrokke te bly, al is hy fisiek daarvan verwyderd.”

Hy sê dit toon veral sy vurige lojaliteit aan sy vriende.

Die brief sluit af met ’n kenmerkende vermenging van die persoonlike en die filosofiese.

“It has been said that faith is like an oak tree, it grows steadily but, once established, it endures for centuries. My only fortune in life is to have friends who taught me these things, amongst who was your beloved Pa.”

Die brief word op 14 September deur Bonhams in sy Suid-Afrikaanse verkoping in Londen opgeveil. Daar word verwag dat dit tussen £50 000 en £100 000 kan haal. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!