Mandela-eeu met nuwe R5-munt gevier

Suid-Afrikaners kan hul oë oophou vir ’n nuwe R5-munt ter herdenking van Nelson Mandela se geboortedag 100 jaar gelede.

Die SA Munt het bevestig dié munt is ’n sirkulasie-munt wat vir solank dit in ’n goeie toestand is, vir alledaagse gebruik beskikbaar sal wees.

Die munt het aan die een kant ’n afbeelding van die voormalige president se gesig en aan die ander kant die staatswapen.

Die SA Munt herinner mense daaraan dat die munt steeds net R5 werd is, al is dit ’n gedenkmunt.

Daar word wel ’n paar versamelmunte ook uitgereik vir Mandela vir die herdenking van Mandela se geboortedag op 18 Julie.

Hierdie munte het almal dieselfde vooraansig, maar het verskillende agterkante en is van goud gemaak.

Dié munte kan van die SA Munt of ander verskaffers van versamelmunte gekoop word.

Vir muntversamelaars is daar ook goeie nuus dat die Munt van sy ander reekse versamelmunte uitbrei. Dit sluit munte met diere en plante in kleur daarop in, of selfs dinosourusse wat deel uitmaak van die natuurreeks. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!