Mandela se verjaardag sonder partytjie gedenk
Mandela se verjaardag sonder partytjie gedenk

Mandela se verjaardag sonder partytjie gedenk

Seuntjie steeds vermis
Tanja Bause
Tanja BauseSpencer Mandela Nakale, die seun wat meer as ses weke gelede in Lüderitz verdwyn het, sou Maandag sy vierde verjaardag gevier het.
Mandela het op 28 Desember vanaf sy tannie se huis in Area 7 op Lüderitz verdwyn terwyl hy saam met ander kinders gespeel het. Tydens sy verdwyning het hy ’n rooi hemp, ’n blou langbroek en blou sandale aangehad.
Sy ma, me. Julia Ndafyaalako, sê sy het Maandag verlof ingesit en by die huis gebly.
“Dit was vir my ’n baie moeilike dag. Ek het al Sondag begin hartseer word, want ek het geweet hy sal nie met sy verjaardag terug wees nie. Ek was die hele dag net in my kamer en wou net alleen wees.”
Die familie het geen Nuwejaarsvieringe gehou nie.
“Ons het gedink hy sal vir sy verjaardag terug by ons wees en dan sou ons die Nuwejaar en sy verjaardag saam met familie en vriende gevier het. Dit is nog ’n rede hoekom ek reeds Sondag baie neerslagtig gevoel het. Ek het al in Januarie begin om die vieringe te beplan, want ek was vol vertroue dat hy terug by ons sal wees.
“Ek rig ’n pleidooi aan enigiemand wat Mandela het om hom iewers te los waar hy gevind kan word. Los hom net iewers waar daar nie polisie is nie en waar jy nie gevang sal word nie. Ek gee nie om of iemand in hegtenis geneem word nie; ek wil net my seun terughê.
“Dis baie stresvol om nie te weet waar hy is en hoe dit met hom gaan nie. Dit voel soos ’n probleem wat jy het, jy weet nie hoe dit begin het en hoe en wanneer dit sal ophou nie. Dis net die hele tyd daar en met jou.”

GEBEDSESSIES
Die Namibiese polisie het saam met gemeenskapslede te voet na hom gesoek.
’n Polisiehelikopter is ingespan om oor die nabygeleë gebiede te vlieg en snuffelhonde is ook gebruik.
Lede van die gemeenskap het plakkate en video’s van Mandela in die sosiale media versprei, alles in ’n poging om die klein seuntjie te vind, terwyl sommiges steeds gebedsessies vir sy redding hou.
Tot dusver is nog geen spoor van hom gevind nie. Volgens die polisie se woordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, werk die polisie steeds aan die saak, hoewel dit nog geen positiewe resultate opgelewer het nie.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!