Mandela staan weer op stadsaal se balkon
Mandela staan weer op stadsaal se balkon

Mandela staan weer op stadsaal se balkon

Premier van Wes-Kaap het gesê die beste manier om Mandela se erfenis te gedenk is om ’n volhoubare ekonomie te bou sodat daar meer geleenthede vir almal is.
’n Standbeeld van oudpres. Nelson Mandela is opgerig op die presiese plek waar hy sy eerste toespraak as vry man in Februarie 1990 op die balkon van die stadsaal in Kaapstad gelewer het.

Dié geskiedkundige oomblik is nou vir ewig vasgevang met ’n beeld wat Dinsdag aan die wêreld gewys is.

Die onthulling van die beeld is deur onder andere emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu, lede van die Nelson Mandela-stigting en ander belanghebbendes bygewoon.

Die beeld is van brons, is 1,95 m hoog en weeg 120 kg.

Helen Zille, premier van Wes-Kaap, het gesê die beste manier om Mandela se erfenis te gedenk is om ’n volhoubare ekonomie te bou sodat daar meer geleenthede vir almal is.

MADIBA LEGACY-TOERISTEROETE

Die standbeeld sal deel uitmaak van die nuwe Madiba Legacy-toeristeroete, wat hopelik meer toeriste na die land sal lok. Die roete begin by Robbeneiland en sluit historiese plekke, soos die parlement, in voordat dit by die stadsaal eindig.

Alan Winde, Wes-Kaapse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, het gesê die standbeeld gedenk ’n merkwaardige man in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en ’n tyd met baie geleenthede en beloftes – en wat deur baie burgers onthou sal word.

Winde het gesê dit was belangrik om iets te ontwikkel wat tot almal se voordeel sal strek. Die erfenisprojek is gemik op toerismegroei, die vergroting van die ekonomie en meer geleenthede.

Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het gesê “Mandela wat op die balkon staan ná 27 jaar in die tronk, is simbolies van die oorwinning van ’n generasie van leiers wat alles opgeoffer het vir ons vryheid”.

“Die standbeeld moet as herinnering dien dat almal moet streef om soos Mandela te leef,” het sy gesê.

Die tender vir die standbeeld is toegeken aan Koketso Growth, lui ’n verklaring.

Die kunstenaars Barry Jackson en Xhanti Mpakama het die beeld geskep.

Dali Tambo, seun van wyle Oliver Tambo, was aan die stuur van die projek. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!