Mandi Samson bedank by Air Nam
Mandi Samson bedank by Air Nam

Mandi Samson bedank by Air Nam

Ronelle Rademeyer
Namibië se nasionale redery het aangekondig dat die waarnemense uitvoerende hoof, adv. Mandi Samson (foto), bedank het.
Vrydag is haar laaste werksdag.
Air Namibia sê in ‘n verklaring die soektog na ‘n nuwe uitvoerende hoof het begin.
“Die nuwe raad van onafhanklike direkteurs het die afgelope sewe weke baie tyd bestee om ‘n omvattende en duidelike oorsig van die status quo by Air Namibia te kry en maak vordering daarmee om die bestuur verantwoordbaar te hou vir operasionele kwessies en die finalisering van die strategiese plan,” lui die verklaring.
Die voorsitter, adv. Dee Sauls-Deckenbrock sê ‘n nuwe daeraad het vir Namibië en sy nasionale redery aangebreek.

Kommentaar

Republikein 2025-03-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer