Mangaan: Pektranam sê oor omgewing
Die maatskappy sê hulle het alternatiewe planne om die omgewing en ander kwessies aan te spreek
Catherine Sasman – Pektranam Logistics (Pty) Ltd, een van die Suid-Afrikaanse maatskappye wat die transito-uitvoer van mangaan-erts deur Lüderitz se hawe beoog, versoek dat insette in reaksie op sy voltooide omgewingsimpakstudie hieroor teen 10 Mei gelewer word.
Geo Pollution Technologies, konsultante vir Pektranam, sê alle geskrewe insette sal saam met die finale verslag by die ministerie van die omgewing en toerisme (MET) ingedien word.
Mnr. Crispin Clay, ’n inwoner van Lüderitz wat die verslag van 164 bladsye vlugtig deurgegaan het, sê dit is ’n “briljante” stuk werk.
“Hulle het hul huiswerk gedoen, en dit is wat ons ook van TradePort (die ander Suid-Afrikaanse maatskappy met dieselfde planne) verwag,” het Clay gesê.
Hy het egter steeds sy bedenkinge oor die beplande werksaamhede: “Hoekom moet Lüderitz 'n deurgang vir rou materiaal uit Suid-Afrika wees? Wat sal die koolstofvoetspoor hiervan wees?”
Inwoners van die dorp was ontstoke toe TradeNam Namibia CC onaangekondig en sonder behoorlike dokumentasie in in Desember en Januarie by die kusdorp opgedaag het om mangaanerts af te laai.
TradePort moes die mangaanerts van die oop betonplaat verwyder waar dit eers afgelaai is, en stoor dit sedertdien by Namport se pakhuisgeriewe by die hawe.
Inwoners het hul kommer uitgespreek oor die verwagte toename in verkeer en moontlike giftige besoedeling, en het ’n onmiddellike moratorium op alle beweging van mangaanerts na en van die Lüderitz-hawe geëis tot voldoende omgewingsnavorsing gedoen is om die moontlike negatiewe en noodlottige omgewingsimpak te identifiseer en te beperk.
Die ministerie het intussen op 7 Februarie ‘n omgewingsklaringsertifikaat (ECC) aan TradePort vir die “invoer en uitvoer van mangaanerts en ander kommoditeite” uitgereik.
Pektranam-verslag
Pektranam beoog die vervoer, hantering en tydelike grootmaatberging van 30 000 ton mangaanerts by die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) se verlate bergingswerf.
Die mangaan word by die Kalahari Manganese Field in die Noord-Kaap gemyn en word tans hoofsaaklik deur Port Elizabeth en Saldanhabaai se hawens uitgevoer.
Pektranam sê hulle oorweeg juis die Lüderitz-hawe weens probleme met padvervoer by dié twee oorlaaide hawens in Suid-Afrika.
Ná openbare beraadslaging met Lüderitz se inwoners was dit duidelik Pektranam sou sy vervoerplanne moes verander om skade aan die omgewing en die moontlike negatiewe impak op toerisme en geskiedkundige geboue te verminder.
Hoewel Pektranam gesê het sy vervoermiddel van voorkeur tot by die bergingswerf is spoor, is bereken sowat 833 vragmotors per maand sal nodig wees om die 30 000 ton erts na die gebou te vervoer.
Sedertdien sê Pektranam hy gaan slegs 12 vragmotors met lugvering in plaas van konvensionele vering gebruik om die erts na die hawe te vervoer om die impak van verkeer, geraas en vibrasie te verminder wanneer skepe aankom.
Die aflaai van erts op ’n skip sal oor ’n tydperk van drie dae, 24 uur per dag, plaasvind.
Hiervoor onderneem Pektranam om sakke of houers te gebruik wat met ’n hyskraan op die skip gelaai kan word, waar die sakke onder in die skip oopgemaak word en in die houer gestort word.
Die maatskappy het gesê sowat 12 mense sal aangestel word as sy werksaamhede op Lüderitz op die been gebring word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie