Mangkhoet: Miljoene in China ontruim
Miljoene mense is ontruim uit sewe stede in Guangdong, die Chinese provinsie met die hoogste bevolkingsdigtheid. Volgens berigte is tussen 2,4 miljoen tot 3 miljoen mense aan gebiede in die pad van die tropiese storm Mangkhoet ontruim.
Die storm, met kragtige winde van tussen 173 km/h tot 223 km/h, het Hongkong Sondag reeds geskud. Vensters is in talle geboue gebreek en enorme golwe van tot drie meter hoog het voorgekom. In Hongkong is daar Maandag met opruimingswerk begin. Talle huise is sonder krag gelaat, berig CNN. In Guangdong het branders van tot tien meter hoog die kuslyn geteister.
Hoewel die storm in sterkte afgeneem het, word swaar reën nog verwag. Alle sneltreine tussen Guangdong en Hainan is gestaak.
Tienduisende vissersbote het na hawens teruggekeer en alle bouwerk is gestaak, berig Al-Jazeera. In Guangdong word 250 mm reën in die volgende 24 uur verwag. Op sommige plekke word meer as 400 mm reën verwag. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie