Maniere!
Maniere!

Maniere!

Mandy Rittmann
WILLEM DE WET SKRYF:

Ry Sondagaand so rondom agtuur op pad na Windhoek en so net voor Regenstein bevind ek my agter 'n swart Duitse nutsvoertuig met 'n ster op sy gat en 'n vark agter die stuur. Nogal 'n fensie privaat wit nommerplaat ook op, om seker te maak almal weet wie hy is.

Skiet die man agter die stuur met sier sy brandende sigaretstompie by die venster uit en dit spat in die donker soos 'n vuurwerkvertoning met vonkies en vrae van die pad af in die gras op die padskouer in. Ek flits ligte en vloek soos 'n matroos, maar die ridder in die donker wa merk nie eens my ontsteltenis nie en ry net voort.

Daagliks lees ons van brande en die gepaardgaande smart en verlies, wat tans in vlamme en wolke rook besig is om die laaste hoop van ons boere te breek, en dan gaan 'n siel soos die roekeloos aan en dink nie wat die gevolge van sy nikotienverdofde onverantwoordelike daad kan wees nie. Word wakker: stompies steek veld aan die brand, ou maat!

Ek sien dis deesdae die inding om met die venster oop en die hand en sigaret buite die kar te ry en dan ook soos dit betaam van die oorblyfsel ontslae te raak deur die stompie net eenvoudig te laat val in die pad as jy klaar is. Ek hou van my wyn, maar ek is seker ek gaan nie vêr kom as ek met my bottel buite die kar ry en afshow met my genieting en dan nog die bottel net laat val in die pad as hy leeg is nie?

Nee manne, rook as jy wil rook en maak soos jy wil, maar die beginsel is dat mens jou gemors huis toe vat en verantwoordelik daarvan ontslae raak soos dit van 'n mens met 'n opvoeding verwag word. 'n Stompie is ook besoedeling en rommelstrooiing en ek het in my weermagdae 'n gly gevang in rokers omdat ek vir ure aaneen moes chicken parade loop en stompies optel van kamerade van my wat ook gedink het dis oulik om stompies die vlak in te skiet.

En meneer met die wit nommerplaat se kinners sit agter in die kar en kyk hoe pa die voorbeeld stel van hoe mens van jou gemors ontslae raak. Dan wonder ons waar die “nuwe” generasie slegte maniere vandaan kom? Hulle leer by ons, die manne wat wys hoe dit gedoen moet word.

Kom ons kyk of ons in die “nuwe normaal” nie dalk van die ou, geykte en goeie beginsels en maniere uit die verlede kan gaan ophaal en hulle afstof en weer gestalte kan laat kry op die pad vorentoe nie.

Onthou: 'n pap wiel begin by 'n klein gaatjie, maar hy bring die kar tot stilstand. Maak die gaatjies toe en stel die voorbeeld dat onse kinders ook by die eindstreep kan aankom sonder om oor bottels en stompies te klouter op pad daarheen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!