Mannetti laat drie Warriors uit oefenkamp
Mannetti laat drie Warriors uit oefenkamp

Mannetti laat drie Warriors uit oefenkamp

Sokker
Ricardo Mannetti, hoofafrigter van Namibië se Tafel Lager Brave Warriors, het gister drie spelers in sy nasionale oefengroep van 25 vrygestel om na hul klubs terug te keer.

Die Warriors het gister vir die derde week by die Namibiese Sokkervereniging se tegniese sentrum in Katutura byeengekom om vir sy komende internasionale verpligtinge voor te berei.

Wayne Esterhuisen (Young Brazilian), Vincent Namiseb (Flamingoes) en Johannes Shiwedha (Nampol) is die drie wat vir eers deur Mannetti as oortollig gereken word.

Die Warriors se tegniese span is tans besig om die genooide spelers met 'n kennersoog te evalueer voordat Mannetti sy groep sal saamstel vir die kwalifiserende wedstryd in Junie teen Guinee-Bissau vir die 2019 Afrika Nasiesbeker. Daarna sal die Warriors na Suid-Afrika vertrek om vanaf 25 Junie aan die Cosafa-bekertoernooi deel te neem.

Die Namibiërs se daaropvolgende uitdaging sal in Julie teen Zimbabwe wees om vir die 2019 Afrika Nasiebeker te kwalifiseer. Namibië, Zambië, Mosambiek, Guinee-Bissau en Zimbabwe is in kwalifiserende groep K vir die 2019 Afcon-toernooi in Kameroen geplaas.

Mannetti het verduidelik wat sy planne vir die Warriors is.

“Ons is stadig maar seker besig om vordering met die diepte van die span te maak. Indien beserings die spelers onverwags tref, kan dit sake vir ons deurmekaar krap en die prentjie sal dus nog redelik vinnig verander. Die Debmarine-bekerreeks skop binnekort af en dan is daar natuurlik die Namibië Premierliga wat in Mei sy loop gaan neem. Gelukkig is daar ook van ons Namibiese spelers wat in die buiteland speel wat oorweeg kan word,” het die breier gesê.

Die aangepaste oefengroep van 22 is Loydt Kazapua, Ronald Ketjijere, Katiti Hakuria (almal African Stars), Charles Uirab, Riaan !Hanamub (beide Orlando Pirates), Edward Maova (Civics), Romario Ndjavera, Ferdinand Karongee, Benyamin Nenkavu, Mapenzi Muwanei, Sakaria Jonas, David Peterson (Tigers), Tiberius Lombard, Charles Hambira, Oswaldo Xamseb, Itamunua Keimuine (Tura Magic), Larry Horaeb, Dynamo Fredericks, Muna Katupose, Immanuel Heita (Black Africa), Edmund Kambanda (Unam en Pandeni Kandjabanga (Golden Bigs). - NFA.org.na

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!