Mannie en Courtney tem KAV se 97 km
Meer as honderd ryers en hardlopers het die gewilde byeenkoms in die verre suide ondersteun.
Die tiende jaarlikse Standard Bank Klein-Aus Vista bergfietsuitdaging en veldloop vir 2021 was Saterdag en Sondag opnuut 'n groot sukses. Soos die byeenkoms se leuse lui, was dit “taai, aanskoulik en bevredigend”.
Die KAV-byeenkoms is nie vir beginners nie. Vele ryers het agtergekom dat daar ruimte vir verbetering in hul vaardighede en fiksheid is om die uitdagende en tegniese roetes in die Ausberge te bemeester.
Die kompetisie het 'n 11.7 km tydtoets (slegs vir die Ultra en Volle Marathon-ryers), 'n 23 km veldloop, 27 km MTB Halfmarathon, 64 km MTB Volle Marathon en 'n 97 km MTB Ultra-marathon afstand ingesluit.
In Saterdagmiddag se tydtoets het Greg Chase in 44 minute 16 sekondes die beste van die mans gevaar en Courtney Liebenberg was baas van die vroue in 55:55. Talle ryers het reeds hier opgemerk dat dit die taaiste tegniese roete is wat hulle nog ooit gery het.
Die tydtoets se uitslae is by Sondag se marathontye getel om die algehele resultate te bepaal.
• In die 23 km vir drawwers het Thomas Miller en Anja Schroeder die titels beklink.
Miller (1:40:50), die broer van die land se Olimpiese bergfietskandidaat Alex, was ses minute vinniger as toe hy verlede jaar ook gewen het en is gevolg deur Eldo Nel (2:02:54) en Frans Amakali (2:07:36). Op die vrouepodium was Anja Schroder (2:26:15), Ilsje du Plooy (2:45:19) en Gerda Horn (2:46:02).
• Die jongelinge Roger Suren en Ada Kahl was wenners in die 27 km bergfietsresies. Ada se wentyd (1:34:43) was vyf minute vinniger as die vorige jaar oor dieselfde afstand. Sy is gevolg deur Renata Stoltze (tweede in 1:54:04) en Claudia Suren (2:00:55).
Roger Suren (1:23:05) het 'n hardnekkige aanslag van Chase Nathan met twee minute afgeweer, met Xavier Sanz derde in 1:28:06.
• Irene Steyn, 'n driemalige wenner by Klein-Aus Vista, moes in die tydtoets weens 'n tegniese probleem onttrek en het dus 'n tydboete van een uur 30 minute gekry. Hoewel sy die volgende dag sterk in die Volle Marathon (64 km) gery het, kon sy nie die tydverskil teen die 2021-wenner Nicola Fester inhaal nie. Fester eindig met 4:15:20 teen Elanor Grassow (4:13:57), Irene Steyn (4:13:51), Susanne Borg (5:02:16) en Kym Kibble (5:44:55).
Die 64 km manswenner Greg Chase (3:32:18) het sy voorsprong teen Marcel Suren (3:40:27), Stefan Bohlke (3:44:57), Pierre van Rensburg (3:57:41) en Mark Spath (3:57:00) behou.
• Mannie Heymans, 'n voormalige KAV-wenner, het ná tien jaar sy terugkeer gemaak en op merkwaardige wyse die Ultra Marathon (97 km) gewen.
Die 49-jarige driemalige Olimpiese bergfietsryer het in 5:57:08 voor gedugte ryers soos Hans du Toit (6:42:29) en Ian Grassow (6:42:29) klaargemaak.
Vierde was Frikkie van Greunen (6:50:25) en vyfde Gregor von Medeazza (7:49:35).
Courtney Liebenberg was die enigste vrou wat kans gesien het om vir die 97 km afstand in te skryf en het goed gery, totdat sy ongelukkig 'n tegniese probleem ondervind het met 12 kilometer oor. Sy moes dus 7 km met haar fiets stap voordat sy hulp kon kry, wat haar in staat gestel het om die afstand in tien ure 08 minute te voltooi.
Die organiseerder Piet Swiegers sê: “Van Klein-Aus Vista se kant bedank ons al die deelnemers wat ons ondersteun het en die naweek in die Ausberge en die plaaslike gasvryheid kom geniet het.
“Uit die diepte van ons hart waardeer ons die lojale borgskappe van Standard Bank Namibia as titelborg met N$25 000, asook Maerua en die Grove se Super Spar-winkels wat N$12 000 in koopbewyse as pryse geskenk het. Die steun van Gondwana Collection Namibia en die Namibië Brouerye met bemarking en toerusting was ook onontbeerlik.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie